Local newsVryheid Herald

Fondsinsameling begin vir Chris se knievervanging

Gemeenskap word gevra om Chris Marais te help met dringende knievervanging.

Chris Marais is baie bekend in die dorp. Hy is een van daardie mense wat werklik omgee vir sy medemens en altyd help waar hy kan. Hy sal sonder huiwering uit sy pad gaan om ’n ander te help. Nou is dit egter Chris wat hulp nodig het. Hy moet dringend ’n knievervanging kry, maar het ongelukkig nie mediese fondsdekking nie.

Groot opoffering en deursettingsvermoë

Hy was reeds by die staatshospitaal, waar dokters vir hom gesê het dat hy eers gewig moet verloor voordat hulle enige prosedure kan doen. Chris het hierdie uitdaging ernstig opgeneem en het reeds 43 kg verloor – en hy hou steeds aan om gewig te verloor.

Daaglikse pyn en uitdagings

Sy knie is egter so erg dat hy reeds met krukke moet loop, maar ten spyte daarvan doen hy steeds elke dag sy werk na die beste van sy vermoë. Hy ervaar daagliks geweldige pyn, soveel so dat dit partykeer voel of hy van die pyn mal kan word.

Gemeenskap se hulp dringend nodig

“Ons vra daarom dat die gemeenskap Chris asseblief sal help, sodat hy so gou moontlik die nodige knievervanging kan kry,” pleit die organiseerders.

Fondsinsameling van stapel gestuur

’n Fondsinsameling word tot en met Chris se verjaardag in Desember gehou, met die hoop dat hy ruim geseën sal word.

“Die Here seën elkeen wat ’n bydrae maak. Aan almal wat Chris al in die verlede gehelp het – ons glo julle sal hom weer ondersteun. Moet asseblief nie dink jou bydrae is te klein nie; elke sent help en sal opreg waardeer word,” sê die organiseerders.

Hoe om te help

Mense wat wil help, kan die fondsinsameling ondersteun by:
https://www.backabuddy.co.za/campaign/chris-b-marais
of kontak 073 340 8484.

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button