Local newsSchoolsVryheid Herald

Pionier blink uit ondanks ontwrigte NWU-16 finaal

Slegte weer ontwrig NWU-16 finaal, maar Pionier behaal steeds puik resultate.

Tasse gepak en busse gelaai, reg vir die NWU-16 finaal. Met groot teleurstelling kon al die wedstyde, as gevolg van slegte weer, nie plaasvind nie. Uitslae is op verskillende maniere per sportsoort op vorige bepalings en doelpersentasies uitgewerk.

Netbalspanne lewer sterk vertonings

Netbal: O/14 kon die volle wedstryd speel en verloor teen Vryburg, 11-24. O/15: het een helfte van die wedstryd teen Riebeeckrand kon speel en verloor 5-13, die span eindig algeheel 13de in die reeks. O/16 eindig algeheel agtste. Die tweedespan het as kampioene uit die stryd getree askook die eerstespan wat as kampioene gekroon is. Pionier-netbal eindig algeheel sewende in die reeks.

Rugbyuitslae onder moeilike omstandighede

Rugby: O/14: deel algeheel sewende/agtste plek met Fochville. O/15: deel algeheel sewende/agtste plek met Fochville. O/16 kon die volle wedstryd speel en verloor teen Leeuwenhof en eindig algeheel tweede Die tweedespan deel algeheel 15de-16de plek met Hans Strydom en die eerstespan deel 15de/16de plek met Hans Strydom. Pionier-rugby eindig algeheel negende in die reeks.

Hokkiespanne toon deursettingsvermoë

Hokkie: O/14: Volle wedstryd kon speel en wen 2-0 teen Wolmaransstad, eindig algeheel sewende. O/15: deel 9de/10de plek met Schoonspruit. O/16: deel algeheel negende/10de plek met Wolmaransstad. Die tweedespan deel eerste/tweede plek met Wolmaransstad. Die eerstespan het die volle wedstryd gespeel en wen 1-0 teen Vryburg en eindig algeheel derde in die reeks. Pionier-hokkie deel algeheel sesde plek met Wolmaransstad.

Seuns-hokkie speel alle wedstryde

Seuns-hokkie: het al hulle wedstryde kon speel. Wedstryd 1 vs Ferrum 1-3, wedstryd 2 vs Standerton 0/1, wedstryd 3 vs PTA Noord 0-1, wedstryd 4 vs Riebeeckrand 1-0 en wedstryd 5 vs Schoonspruit 0-1.

Gholfspan lewer uitstaande prestasie

Gholf: Pionier se gholfspan het ook die geleentheid gehad om gholf te speel en ons is trots om aan te kondig dat Heike Venter as die beste dogter-gholfer aangekondig is.

Netbalspelers haal KZN-spanne

Ons is trots om aan te kondig dat die volgende dogters in die KZN-span ingesluit is. Baie geluk, ons is trots op julle! O/15: Nolitha Ndaba en Chané Swanepoel. O/18: Liané Rabe.

Swemmer presteer by SA-kampioenskappe

Carli Eybers het van 24–27 April aan die SA-kampioenskappe gala in die Kaap deelgeneem. Haar uitslae is soos volg: 100 m vryslag – 18de, 50 m rugslag – 10de, en 50 m vryslag – 12de. Ons is baie trots op jou puik prestasies, Carli.

Rugbyspelers vorder na volgende rondte

Baie geluk aan die volgende seuns wat na die volgende rondte proewe deurgedring het. Die proewe het op op 29 April teen die Coastal CD-span te Wembley College, Greytown, plaasgevind.O/15: Heinz Saaijman, WP van der Merwe, Ceandré Calitz en Riaan Nortjé. O/16: Simeon Meyer, Marnus Pretorius, Emihle Mbatha en Jacob Bekker. O/18: Gerhard Oosthuizen.

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button