Historiese Overwin-dokument kry nuwe tuiste in Vryheid museum
’n Historiese kaart en transportakte van Overwin is aan die Nieuwe Republiek Museum geskenk.
’n Stukkie plaaslike geskiedenis het onlangs ’n nuwe tuiste in die 1885 Nieuwe Republiek Museum gekry met die skenking van ’n geraamde kaart en transportakte van die plaas Overwin.
Die historiese dokument is aan Frederik Coenraad Scheepers uitgereik en is in 1895 deur president Lucas Johannes Meijer onderteken.
Dokument bied blik op Overwin se geskiedenis
Die kaart en transportakte bied ’n kykie in die geskiedenis van die plaas en die mense wat deur die jare daaraan verbind was.
Die dokument is aan die museum geskenk deur oom Trompie Fourie, een van die laaste eienaars van Overwin. Fourie woon tans in Piet Retief.
Dokument kry plek in museum
André van Ellinckhuyzen bedank graag vir Brian Albertyn wie die dokumente vir die museum geraam het.
Die skenking beteken dat dié besondere deel van die plaas se geskiedenis behoue bly en nou deur museum-besoekers besigtig kan word.
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



