Pionier is borsbarstrots op die Gr 12’s van 2023
Hoërskool Pionier wens elke 2023-matrikulant net God se rykste seën op hul lewenspad vorentoe
Die gr.12’s van 2023 het ons aangenaam verras.
Die 2023-dux was Zoé Richards. Veels geluk, Zoé! Zoé spog met 7A’s en die hoogste gemiddelde. Pionier is baie trots op jou.
Die volgende leerders het ook uitmuntend presteer: Anika Dedekind met 8A’s, Tarien Kirsten met 6A’s en Ané Burger met 5A’s.
Hoërskool Pionier het 81 kandidate met ‘n slaagsyfer van 97,5% gehad. Pionier spog met 4 A-gemiddeldes, 17 B-gemiddeldes en 24 C—gemiddeldes. Daar was 81 A-simbole, 102 B-simbole en 132 C-simbole. Die graadgemiddelde was 61%.
Hoërskool Pionier wens elke 2023-matrikulant net God se rykste seën op hul lewenspad vorentoe. Julle was ‘n puik gr.12-groep.
In die volgende koerantberig: skyfskiet-liga 1, interhuisatletiek en swemgala.
ALSO READ: Pionier spog met uitstekende leerders
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



