Pionier se redenaars en sport is tops
Ons 0/16- en 0/18-rugbyseuns het op 13 Maart aan die NKZN-proewe deelgeneem
ORATORSAAND-2024
Op Donderdag, 14 Maart, was Pionier weer bevoorreg om ‘n unieke Oratorsaand aan te bied.
Ons laatmiddag-oratorsaand het om 17:30 afgeskop. Blink gepoets, gewapen met notas in die hand en ‘n ondersteuner aan die sy, het elke redenaar trots sy sprak gesprook. As gevolg van die groot getal seniorsprekers word dit weereens ‘n laat, dog gesellige en uiters geslaagde aand. Baie dankie aan elke uiters bekwame -en ervare beoordelaar vir julle goeie gesindheid jeens Hoërskool Pionier.
Baie geluk aan elkeen van ons redenaars. Ons sien saam met julle uit na die volgende kompetisie, wat die eerste uitdunronde van die ATKV-redenaars sal wees. Hierdie groot gebeurtenis vind gedurende April 2024 plaas en Hoërskool Pionier het vanjaar weer die geleentheid om as gasheer op te tree. Ons is superopgewonde!
Die uitslae is as volg:
HUISTAAL JUNIORS VOORBEREID (gr. 8-9)
Eerste – Danell Coetzee
Tweede – Leandri Grobler
Derde – Ivoné Lombard
Vierde – Annelien Vlok
Vyfde – Leané Janse van Rensburg
Sesde – Mia Coetzee
Sewende – Katelin Knoetze
Agtste – Liezel Lombard
HUISTAAL SENIORS VOORBEREID (gr. 10-12)
Eerste – Mia Bosman
Tweede – Lené Janse van Rensburg
Derde – Kyla Bosman
Vierde – Christian Rix
Vyfde – Leonie Joubert
Sesde – Wijtske Fourie
Sewende – Mia Pienaar
Agste – Leané Coetzee
HUISTAAL SENIORS ONVOORBEREID
Eerste – Wijtske Fourie
Tweede – Cherize Combrinck
Derde – Christian Rix
Vierde – Ju-André Vlok
Vyfde – Amelda Ungerer
ADDISIONELE TAAL SENIORS VOORBEREID
Fihli Tsotetsi
SPORT TEEN HOËRSKOOL VOLKSRUST
Hoërskool Pionier het Saterdag, 16 Maart, teen Hoërskool Volksrust op die sportveld kragte gemeet. Die uitslae is as volg:
NETBAL
0/14: 17-3;
0/15: 12-8;
0/16: 26-5;
2de: 14-6;
1ste: 19-27.
HOKKIE
0/14: 9-0;
0/15: 0-1;
0/16: 2-2;
2de: 1-2;
1ste (Dogters): 1-3;
1ste (Seuns): 0-13.
RUGBY
0/14: 88-0;
0/15: 24-27;
0/16: 47-8;
2de: 18-7;
1ste: 24-28.
Ons 0/16- en 0/18-rugbyseuns het op 13 Maart aan die NKZN-proewe deelgeneem. Die seuns het hulle goed van hulle taak gekwyt en die volgende seuns is vir die onderskeie NKZN-spanne gekies: O.16 (Anthony Burns, Josh Jordaan, Willie Landman en Jaco Smit).
O.18 (Gerber Diedericks, Franco Jonker en Stephan Nel).
ALSO READ: Pionier sprak hul sprook
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.