SchoolsVryheid Herald

Pionier sprak hul sprook

Ons is baie trots op ons twee spanne, bestaande uit twee spanlede elk

EG JANSEN-REDENAARSKOMPETISIE

Op Vrydag, 8 Maart 2024, neem vier van Hoërskool Pionier se redenaars weer aan die EG Jansen-redenaarskompetisie te Hoërskool Amanzimtoti deel. Ons is baie trots op ons twee spanne, bestaande uit twee spanlede elk. Beide die junior- en seniorspan het vir die eerste keer saamgespan en Pionier se naam hoog gehou tydens die lewer van hul voorbereide toesprake. In die senior onvoorbereide afdeling het Amelda Ungerer haarself oortref en ‘n puik toespraak gelewer, met die ondersteuning van haar spanmaat, Christian Rix. Die juniorspanlede, Emily Timms en Suzaan Reinecke, beide in graad 8, is natnuut in hierdie bedryf, maar ongeag het hulle nie nodig gehad om vir die meer ervare spanne terug te staan nie. Welgedaan, julle vier!

TOP 80-SKYFSKIETKOMPETISIE

Pionier is baie trots op Wileze Scheepers, Niquita Steyn en Nash Olivier, wat genooi is om op 4-6 Maart aan die Top 80-skyfskietkompetisie in Brits deel te neem. Die beste 21 skuts sal dan uitgenooi word om aan die BJI-toer later vanjaar in Brittanje deel te neem. Uitstekend, julle drie skyfskietsterre!

ALSO READ: Pionier: ons skool, ons trots

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Related Articles

 
Back to top button