SchoolsVryheid Herald

Pionier spog met Mej. Pionier-2024

Hoërskool Pionier eindig algeheel derde in die PUK16-reeks

Op Donderdag, 25 April, het ons die voorreg gehad om die nuwe Mej. Pionier-2024 te kroon. Agt finaliste, eers getooi in skooldrag, daarna in temadrag en laastens in aanddrag, het hul beste voetjies op die loopplank voorgesit. Vanjaar was die tema “karnaval” en soos gewoonlik is daar soveel moeite gedoen. Die lewendige gehoor is aangenaam verras en die aand was weereens ‘n reuse sukses. Baie dankie aan die beoordelaars, waarsonder so ‘n spoggeleentheid nie kan plaasvind nie. Baie geluk aan elke finalis, julle het asemrowend gelyk.

Die wenners is as volg:
Mej. Pionier – Cherize Combrink

Eerste prinses – Leonie Joubert

Tweede prinses – Xiah Labuschagne

Mej. Fotogenies – Gizelle Lourens

Mej. Persoonlikheid – Xiah Labuschagne

NETBAL

Xiah Labuschagne speel netbalproewe en word vir die KZN o/17A-span gekies.

PUK-16

Met hierdie sportreeks nou agter die rug vir 2024, is ons trots om te kan sê dat Hoërskool Pionier algeheel derde geëindig het.

KRIEKET

Joshua Buys en Janco Hatting is gekies om in Augustus aan die KZN Inland-proewe deel te neem.

ALSO READ: Pionier blink uit by PUK 16-Finaal

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Related Articles

 
Back to top button