
1. SKYFSKIET
Gedurende die TOP 80-skyfskietkompetisie vanaf 3-5 April in Noord-wes het Wileze Scheepers algeheel 4de in die Sporterklas-afdeling geëindig. Sy het ook die kwalifiserende telling geskiet om haar SANSSU-kleure te verwerf. Pionier is baie trots op jou, Wileze. Ons glo dat jy nog groot hoogtes in skyfskiet gaan bereik.
Nash Olivier algeheel 2de in die Veerklas-afdeling en Niquita Steyn 22ste.
Pionier het beslis top skuts, wat met harde oefening deur die jaar, nog by die KZN-interskole vir KZN EN SANSSU kan kwalifiseer.
Die liga 3-skyfskietkompetisie het vanaf 23-25 April as ‘n posliga by Pionier plaasgevind. Die uitslae is as volg:
o.21-Sporterklas
· Eerste: Wileze Scheepers.
· Vyfde: Carmen Stuart.
o.16-Veerklas
· Derde: Lizaan Jansen.
· Dertiende: Arno Warmenhoven.
· Veertiende: Mathew Bothma.
· Vyftiende: Juan Cilliers.
o.16-Sporterklas
· Tweede: Niquita Steyn.
· Vyfde: Mia Myburgh.
· Sewende: Lesaydi de Wet.
o.14-Veerklas
· Eerste: Nash Olivier.
· Tweede: Zandré Richards.
· Derde: Maarten Grobbelaar.
· Sesde: Isabel Willemse.
· Agtste: Retief Nel.
· Negende: Suzaan Reinecke.
· Tiende: Xander van Rooyen.
· Dertiende: Emily Timms.
· Sewentiende: Shane Williams.
2. WINTERSPORTBEPALING TEEN HOËRSKOOL EMPANGENI
Op 4 Mei het Hoërskool Pionier teen Hoërskool Empangeni op die sportveld meegeding. Die kompetisie tussen die twee sterk skole was straf en elke sportspan het meer as hul beste gelewer.
Die uitslae is as volg:
HOKKIE
Al die dogtershokkiespanne het uitstekend gespeel en al hul wedstryde gewen. Uitstekend, Pionier se hokkiebokkies!
· O.14’s: 3-0;
· O.15’s: 4-0;
· O.16’s: 9-0;
· Tweedes: 2-0;
· Eerstes (Dogters): 1-0;
· Eerstes (Seuns): 1-7.
Die netbalspanne het baie moeilike kompetisie gehad en aanskoulike netbal is gespeel. Die uitslae is as volg:
· O.14B’s: 18-29;
· O.14A’s: 12-16;
· O.15B’s: 5-15;
· O.15A’s: 18-15;
· O.16A’s: 19-23;
· Tweedes: 9-18;
· Eerstes: 18-29.
Die rugbyspanne het hul baie goed van hul taak gekwyt en Pionier is baie trots op die vier spanne wat gespeel het. Die uitslae is as volg:
· O.14’s: 22-10;
· O.16’s: 17-26;
· Tweedes: 21-15;
· Eerstes: 21-14.
3. ATKV-REDENAARSUITSLAE
Op 22 April het die eerste uitdunronde van die ATKV-redenaarskompetisie vir die KZN Binneland-streek te Hoërskool Pionier, wat as gasheer opgetree het, plaasgevind. 129 sprekers uit 11 verskillende skole het deelgeneem. Gewapen met notas in die sak en ondersteuners aan die sy, het elke spreker trots sy sprak gesprook. Pionier is, soos in die verlede, trots om ‘n stewige handvol-plus sprekers op te lewer, wat na die semifinale, provinsiale ronde, op 17 Mei te Huttenpark, Newcastle, deurgedring het. Baie geluk aan die volgende redenaars:
GRAAD 8-9 AFRIKAANS HUISTAAL VOORBEREID
LIANDRI GROBLER
IVONÉ LOMBARD
GRAAD 10-12 AFRIKAANS HUISTAAL VOORBEREID
KYLA BOSMAN
MIA BOSMAN
MIA PIENAAR
GRAAD 10-12 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL VOORBEREID
FICHLI TSOTETSE
4. VOLGENDE OP DIE KALENDER:
· 6-10 Mei: Geesvangweek.
· 11 Mei: Sportbepaling teen Hoërskool Vryheid;
· 11 Mei: Liga 4-skyfskietkompetisie te Hoërskool Ferrum;
· 16 Mei: Die ATKV-jeugtak, Hupstoot, se Noot-vir-Noot 2024.
ALSO READ: Pionier spog met Mej. Pionier-2024
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.