‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees
Pionier is ongelooflik trots op wat ons atletiekspan bereik het en sien daarna uit om in die toekoms nog groter hoogtes te bereik
INTERHUIS-SWEMGALA
Op 28 Januarie het Pionier se jaarlikse Interhuis-swemgala plaasgevind. Dit was soos gewoonlik ‘n groot sukses met sewe nuwe rekords wat verbeter is en swemmers wat hul top prestasies in die swembad getoon het. Die dag het nie net opgewondenheid en energie gebring nie, maar het ook ongelooflike talent en deursettingsvermoë aan die lig gebring.
William Laing het die titel van snr. Victor Ludorum verower, na ‘n puik vertoning in die senior afdelings. Ashley Loch het haar posisie as die top vroulike atleet bevestig deur die snr. Victrix Ludorum titel te wen, terwyl sy ook drie rekords verbeter het.
In die junior afdelings het Marnus Pretorius die jnr. Victor Ludorum titel met sy indrukwekkende resultate verdien. Hy verbeter vier rekords. Sy talent in die swembad was duidelik sigbaar. Carli Eybers het die jnr. Victrix Ludorum titel gewen.
Die gala het gesorg vir ‘n wonderlike atmosfeer van gesonde kompetisie en samehorigheid, met elke deelnemer wat sy of haar beste gee om nie net persoonlike rekords te verbeter nie, maar ook om die gesamentlike spankrag van Pionier se swemgemeenskap uit te beeld.
VOLKSRUST GOUE ATLETIEKBYEENKOMS
Op 31 Januarie het Pionier se top atlete die geleentheid gehad om aan Volksrust se Goue Atletiekbyeenkoms deel te neem. Pionier het nie minder nie as 21 goue medaljes verower, wat die harde werk en toewyding van elke atleet in die span bewys.
‘n Besonderse hoogtepunt was die prestasie van Rowan Macdonald, wat die gewigstootrekord, wat sedert 1989 gestaan het, in die seuns o.15-kategorie verbeter het. Dit was ‘n oomblik van groot trots vir Pionier se span. Pionier is ongelooflik trots op wat ons atletiekspan bereik het en sien daarna uit om in die toekoms nog groter hoogtes te bereik.
LIGA 1-SKYFSKIETKOMPETISIE
Op 1 Februarie het die liga 1-skyfskietkompetisie by Hoërskool Pionier plaasgevind.
Tydens die verwelkoming en prysuitdeling het die volgende leerders medaljes vir punteverbetering by verlede jaar se interskole en SA-kompetisie ontvang: Niquita Steyn, Wileze Scheepers, Nash Olivier, Frans Saaijman, Juan Cilliers, Lizaan Jansen, Maarten Grobbelaar en Lesaydi de Wet.
Na ‘n kort rukkie se oefening en bang, brawe gr.8-skuts, wat vir die eerste keer aan ‘n ligakompetisie deelneem, het die skuts ons met puik uitslae verras:
· Zane le Grange: Eerste plek o.14-Veerklas;
· Miané Kriel: Tweede plek o.14-Veerklas;
· Frans Saaijman: Tweede plek o.16-Veerklas;
· Maarten Grobbelaar: Derde plek o.16-Veerklas;
· Emily Timms: Sesde plek o.16-Veerklas;
· Phillip Eybers: 10de plek o.16-Veerklas;
· Lizaan Jansen: Vierde plek o.21-Veerklas;
· Matthew Bothma: Sewende plek o.21-Veerklas;
· Daniël Herbst: Eerste plek o.14-Sporterklas;
· Dané Els: Tweede plek o.14-Sporterklas;
· Nash Olivier: Derde plek o.16-Sporterklas;
· Zandré Richards: Vyfde plek o.16-Sporterklas;
· Wileze Scheepers: Eerste plek o.21-Sporterklas;
· Niquita Steyn: Tweede plek o.21-Sporterklas;
· Lesaiydi de Wet: Derde plek o.21-Sporterklas;
· Mia Myburgh: 11de plek: o.21-Sporterklas.
Ons bedank graag mnr. Deon Vermaak, mej. Elsjemé Chowles en die skuts se ouers vir die sukses van hierdie dag. Ons sien met hoë verwagtinge uit na die liga 2-kompetisie, wat op 15 Maart by Hoërskool Glenwood plaasvind.
ALSO READ: Pioniers hardloop, spring, sing, herhaal…
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



