Pioniers hardloop, spring, sing, herhaal…
Hierdie uitsonderlike atletiekbyeenkoms het ‘n opwindende en dinamiese einde met al die laers se harde werk
Op 21 Januarie het die jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms by Pionier plaasgevind. Vryheid word aan vier seisoene op een dag geken en hierdie atletiekdag het dit bewys. In die son, koue en reën onderskeidelik het die atlete meer as hul beste gelewer.
Hierdie uitsonderlike atletiekbyeenkoms het ‘n opwindende en dinamiese einde met al die laers se harde werk, spanwerk en volharding bereik. Die dogterswenlaer was Disa en die seunswenlaer was Beyers.
Die gesamentlike spanne se eindresultate is as volg:
Eerste: De Wet en Disa (Dewisa);
Tweede: De la Rey en Minjonet (Delaret);
Derde: Beyers en Ixia (Beyerixia).
Pionier is baie trots op die volgende atlete se uitsonderlike prestasies om as Victor- en Victrix Ludorum aangewys te word:
Junior Victor Ludorum: Jacob Bekker;
Junior Victrix Ludorum: Lise Terblanche;
Senior Victor Ludorum: Janco Hatting;
Senior Victrix Ludorum: Minke Mentz.
Op 24 – 25 Januarie het Pionier se sanggroep, onder leiding van mej. Yvette Greeff, op ‘n hoë noot al singende die naweek deurgebring. Die sanggroep is 24 leerders sterk. Die leerders het die oefentyd en die gesellige braai die Vrydagaand baie geniet. Hierdie unieke sanggroep sien met hoë verwagtinge daarna uit om lekker saam te sing en so met hul talente te woeker.
Op die kalender:
1 Februarie: Skyfskiet liga 1 by Pionier.
ALSO READ: Dis plig en plesier by Pionier
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



