Pioniers weet hoe om te presteer
Daar het ‘n klomp van die skool se swemmers aan die Midmar-myl deelgeneem
ATLETIEK
Op Saterdag, 8 Februarie, het Pionier se top atlete aan Hoërskool Piet Retief se vriendskaplike atletiekbyeenkoms deelgeneem. Die span het puik prestasies behaal en ‘n groot hoeveelheid top 3 plekke behaal. Die atlete het Pionier se naam hoog gehou.
‘n Besondere hoogtepunt was die prestasie van Rowan Macdonald, wat die gewigstootrekord vir o.15-seuns verbeter het. Rowan het vir die tweede naweek agtereenvolgens die byeenkomsrekord verbeter. Pionier is ongelooflik trots op wat ons atletiekspan bereik het en sien daarna uit om in die toekoms nog groter hoogtes te bereik.
By die Hoërskool Vryheid aflosbyeenkoms op 5 Februarie was die weer nie heeltemal aan ons kant nie aangesien dit heelwat gereën het. Ondanks die nat omstandighede het die atlete hul beste prestasies gelewer en ‘n indrukwekkende poging aangewend. Verskeie spanne het goeie tye op die baan gelewer, selfs al was die omstandighede uitdagend. Hoewel die reën ‘n paar uitdagings veroorsaak het, was die gees van samewerking en sportmangees, wat die dag gekenmerk het, baie duidelik. Dit was ‘n suksesvolle dag wat die skool se trots in die atlete se prestasies en spanwerk weerspieël het.
MIDMAR-MYL
Daar het ‘n klomp van ons skool se swemmers aan die Midmar-myl deelgeneem.
Twee van die personeellede, nl. mejj. Jacobs en Gerber, het ook geswem. Pionier is baie trots op al hierdie swemmers wat hul talent en deursettingvermoë vertoon het.
SKENK BLOED EN RED ‘N LEWE
Ten spyte van ‘n baie bedrywige- en vinnige skedule, het vyf van ons leerders, op Vrydag, 7 Februarie, ‘n opleidingsessie, onder leiding van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddienste, te Newcastle, bygewoon. Hierdie leerders sal as assistente optree wanneer die SANBS kwartaalliks ‘n besoek aan Pionier bring en ons leerders die geleentheid kry om te kan bloed skenk. Pionier is al vir baie jare deel van hierdie onbaatsugtige diens en dit is vir ons ‘n voorreg om ‘n bydrae, wat kan help om ‘n lewe te red, te kan lewer. Die volgende leerders is vuur en vlam om soveel as moontlik ander leerders te oortuig om hul deel vir hul medemens te doen: Amber Hatting, Duné Venter, Abbygail van den Berg, Christian Rix en Liané Rabe. Pionier is trots op julle!
ALSO READ: Pioniers hardloop, spring, sing, herhaal…
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



