(Video): Pionier-matrieks skitter op die rooi tapyt
Pionier se matriekafskeid vier jongmense, herinneringe en die begin van ’n nuwe hoofstuk.
Deure – dit was die tema van Hoërskool Pionier se matriekafskeid Woensdagaand.
Die dag is met ’n welkome bui reën geseën, wat uitgesak het voordat die eerste paartjie hul oomblik op die rooi tapyt kon geniet. Daarna het die matrieks deur die deure van ’n kleurvol versierde saal gestap om die aand te vier.
’n Kleurvolle toekoms wag
‘Stap deur die deur na jou kleurvolle toekoms’ was die boodskap van die aand, ’n gepaste tema vir ’n groep jongmense wat op die drumpel van ’n nuwe hoofstuk in hul lewens staan.
Matrieks steel die kollig
Die meisies was opgetooi in van die blinkste en stylvolste rokke, terwyl die jong manne met netjiese hare en elegante pakke die rooi tapyt aangedurf het.
Kyk video:
Meer as net ’n mooi aand
Die aand het gedraai om meer as net mooi rokke en pakke. Dit was ’n geleentheid om saam met klasmaats herinneringe te maak voordat die matriekjaar sy laaste draai na die eindstreep neem.






















The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



