SchoolsVryheid Herald

Pionier vier 50 jaar en blink uit op sportveld

Pionier vier sy 50ste bestaansjaar terwyl leerders akademies en op die sportveld presteer.

Op Woensdag, 13 Augustus 2026, het Hoërskool Pionier ’n spesiale dinee, ter viering van die skool se 50-jarige jubileum, gehou.

Dit was ’n besondere aand vol goeie geselskap, heerlike kos en natuurlik baie lag en vermaak, saam met Frank Opperman. ’n Groot dankie aan Johan Spoed Smith, bekende sportkommentator en televisiepersoonlikheid, wat as seremoniemeester opgetree het. Dit was voorwaar ‘n onvergeetlike aand wat beslis in die skool se trotse joernaal opgeteken sal word.

Dankie aan elke persoon wat hierdie spesiale geleentheid bygewoon het en gehelp het om die aand onvergeetlik te maak. Dankie ook aan elke leerder, ouer, personeellid en elke persoon wat op een of ander manier deel van Pionier se eerste 50 jaar was.

Met dankbaarheid kyk ons terug op die afgelope 50 jaar en met opgewondenheid en groot verwagting sien ons uit na die volgende dekades van Pionier se besondere reis!

Akademiese toppresteerders

Baie geluk aan die volgende leerders wat in hulle onderskeie grade die top 10 vir kwartaal 2

behaal het. Hou aan met die harde werk. Pionier is trots op elkeen van julle.

Graad 8: Chantelle Rautenbach, Jenice Slabbert, Heike Venter, Sumári Botha, Lana Solms, Talicia Volschenk, Leah Lewis, Zanelle Engelbrecht, Katelyn Heidtmann en Lucinda Pretorius.

Graad 9: Kayla Scheepers, Danika Erasmus, Alexis Palm, Kari Janse van Rensburg, Diané Barnard, Abigail Pearce, Charles Senekal, Anneke Maree, Ruan Kroukamp en Chané Swanepoel.

Graad 10: Matilda Botha, Yusrah Mahomed, Zanné Brückner, Zané van Rooyen, Isabel Willemse, Reinhard Meyer, Andries van Rooyen, Jandri van Zyl, Ivoné Lombard en Mieke Oosthuizen.

Graad 11: Annelien Vlok, Niquita Steyn, Leané Janse van Rensburg, Righard Odendaal, Riekie Olivier, Layla Liversage, Azelle Botha, Lize Craig en Andrea Flascas

Graad 12: Wijtske Fourie, Michal Richter, Kyla Bosman, Mia Bosman, Liané van Zyl, Lucille Solms, Cara Meyer, Christian Rix, Mia Pienaar en Carla Pienaar.

Pionier-tennisspelers in aksie

Hoërskool Pionier se groepie tennisspelers het op Saterdag, 15 Augustus, teen Hoërskool Vryheid kragte gemeet. Die uitslae is soos volg: Enkels: Miané verloor 4-6. Jacqi verloor 0-6.

Reinhard wen 6-2. Tian wen 6-2. Dubbels: Reinhard en Tian wen 6-1. Miané en Jacqi verloor 1-6.

Rugby 7’s lewer sterk vertonings

Die O/15- en O/18-spanne het op Vrydag, 14 Augustus, aan Ferrum se 7’s-toernooi deelgeneem. Die O/15’s het ’n uitstekende toernooi beleef en as naaswenners geëindig.

Uitslae is soos volg: wen 23-0 Amajuba, gelykop 19-19 Sarel Cilliers, verloor 10-12 Ferrum, wen Ferrum 17-12 in die cup semi-finaal, verloor teen Vryheid 12-24 in die cup-finaal.

Die O/18’s het die plaat gewen nadat hulle Vryheid Hoër en Dundee in die

uitspeelwedstryde geklop het. Uitslae is soos volg: gelykop 21-21 Newcastle, verloor 12-40 Sarel Cilliers, gelykop 26-26 Dundee, wen Vryheid 31-5 in semi-finaal, wen Dundee 31-12 in die bowl-finaal.

Die O/17-span het op Saterdag, 15 Augustus, aan Glenwood se 7’s-toernooi deelgeneem. Ná ’n moeilike begin het die span sterk teruggeveg, met ’n indrukwekkende 45–0 oorwinning oor Umlazi. Hulle het in die plaatfinaal 14–14 teen Michaelhouse gelykop gespeel, maar ongelukkig in sudden death verloor. Uitslae is soos volg: verloor 7-10 Howick, verloor 5-47 Westville, wen bowl semi-finaal 45-0 teen Umlazi, verloor bowl finaal met eksta tyd, a.g.v gelykoptelling 14-21.

Fast 5-netbalspan wys deursettingsvermoë

Die fast 5 senior-netbalspan het op Vrydag, 14 Augustus, aan Ferrum se fast 5-toernooi deelgeneem. Die uitslae is soos volg: wen 5-8 Vryheid, verloor 13-5 Piet Retief, verloor 13-5 Ferrum, verloor 13-8 Newcastle, wen 16-1 Volksrust, wen 11-6 Sarel Cilliers, verloor 15-11 in semi-finaal teen Piet Retief.

O/15-hokkiespan eindig derde

Die O/15-, senior- en seunspan het op Vrydag, 14 Augustus, aan Ferrum se fast 7-toernooi deelgeneem. Die uitslae is soos volg: O/15-span: wen 1-0 Sarel Cilliers, gelykop 0-0 Ferrum tweedespan, wen 2-1 Vryheid, wen 2-1 Utrecht, verloor 1-4 in semi-finaal teen Ferrum eerstespan. Algeheel derde. Baie geluk met hierdie puik prestasie. Seniorspan: wen 1-0 Ferrum, verloor 0-1 Newcastle, gelykop 0-0 St Dominics, wen 1-0 Vryheid.

Seunspan: verloor 0-1 Dominics, gelykop Newcastle eerstespan 1-1, verloor 0-3 Sarel Cilliers, verloor 0-1 Amajuba, verloor 0-2 Ferrum, wen 2-1 Vryheid 1.

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button