communityNewcastle AdvertiserSchools

Hoërskool Amajuba vier 50 jaar se trots

Amajuba Hoërskool bederf leerders vir 50ste verjaarsdag

Hoërskool Amajuba het onlangs hul 50ste verjaarsdag gevier.

Die skool het besluit om eerder elke leerder met ’n kolwyntjie te bederf as om ’n groot buitelugfunksie te reël wat baie geld sou kos en wat dalk swak bygewoon sou word.

“Ons wil regtig hê mense moet verstaan dat ons omgee vir Amajuba en sy gemeenskap,” sê die skool.

Die verjaarsdagviering is saam met die afskeid van die huidige Graad 12-leerders gehou om hulle ook deel van die mylpaal te maak en die skool se geskiedenis te vier.

Op 23 Oktober hou die skool ’n ‘Birthday Bash’, waartydens fase 1- en fase 2-leerders aan ’n pretdag sal deelneem. Al die fondse wat ingesamel word, sal vir die Graad R-parkie aangewend word.

Die skool bedank die volgende persone vir die kolwyntjies: Siske Outram, Magda Blackler, Elise Myburgh, Charisma Swanepoel, Morne Smit, Maria Smit, Janri Muller, Portia Watson, Stella van der Scheiff, Ali Delport, Emmerentia van der Westhuizen, Charlotte Boshoff, Corrie Dobbie en Nomzamo Qwabe.

Van Boeresaal tot volwaardige skool

Hoërskool Amajuba het in 1974 ontstaan, toe leerders aanvanklik in die Boeresaal in Newcastle gehuisves is. Hulle het later na die gebou van die ou Park Primêre Skool verskuif.

In 1976 het die leerders na die huidige skoolgebou verhuis. Dié jaar word as die skool se amptelike bestaansjaar beskou.

Die skool is oorspronklik gestig om voorsiening te maak vir die kinders van Yskor-werknemers en was aanvanklik uitsluitlik ’n Afrikaanse hoërskool.

Daar was ’n tyd toe die skool se voortbestaan in gedrang gekom het. Danksy die goeie bestuursvernuf van die destydse beheerliggaam en die leiding van voormalige hoofde, soos mnr. Visser en mnr. Hartung, het die skool egter staande gebly en voortgegaan om te groei.

Ná 1994, met die einde van die apartheidsjare, het Amajuba met Laerskool Panorama saamgesmelt en ’n gekombineerde skool geword wat onderrig van Graad R tot Graad 12 aanbied.

Vandag gaan Amajuba steeds van krag tot krag en is dit ’n skool waarop sy onderwysers en leerders trots kan wees.

“Ons is ’n bewys dat die skool se ou leuse, ‘Mik Hoog’, steeds voortleef.”

Onder leiding van mnr. J. Delport, self ’n oud-Jubie, bly die skool vorentoe beweeg.

“Ons glo dat God ons ook in die volgende 50 jaar sal seën. Ons werk hard en is trots op wat ons bereik het.”


The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and follow us on our WhatsApp Channel

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Inligting verskaf

Die artikel is verskaf deur Amajuba Hoërskool.

Related Articles

Back to top button