MM004934
Dr. Pixley Ka Isaka Seme Plaaslike Munisipaliteit Grondgebruik Skema 2023. Aansoek vir Hersonering: Erf 1419, Springbokweg No. 17, Volksrust Uitbreiding 2. Kennisgewing van `n aansoek vir `Hersonering` in terme van Hoofstuk 5 van die Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur Verordeninge van die Dr Pixley Ka Isaka Seme Plaaslike Munisipaliteit, Mpumalanga Provinsie, Proklamasie 8 van 2016, asook in terme van die Dr. Pixley Ka Isaka Seme Plaaslike Munisipaliteit Grondgebruik Skema 2023 in verband met Springbokweg No. 17, Erf 1419, Volksrust Uitbreiding 2. Hierdie hersoneringsaansoek staan bekend as `Wysigingsskema No. 04-2026-01`. Ek, Anthony Adriaan de Pooter, I.D. no. 5911255273180, woonagtig te Plot 114 Droefheid op Noten, R543, Volksrust, synde die Gemagtigde Agent van die eienaar van Erf 1419, Springbokweg No. 17, Volksrust Uitbreiding 2, verskaf hiermee kennis in terme van Hoofstuk 5, Gedeelte C, Klousule 66 van die Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur (`SPLUM`) Verordeninge 2016, dat ek aansoek gedoen het by die Dr. Pixley Ka Isaka Seme Plaaslike Munisipaliteit volgens die bepalings van die Dr. Pixley Ka Isaka Seme Plaaslike Munisipaliteit Grondbruik Skema 2023, om Erf 1419 Volksrust Uitbreiding 2 gele te Springbokweg No. 17, Volksrust Uitbreiding 2, te hersoneer van `Residensieel 1` na `Residensieel 2` soos omskryf in die Dr. Pixley Ka Isaka Seme Plaaslike Munisipaliteit Grondgebruik Skema 2023. Besonderhede van die aansoek is ter insae gedurende normale kantoorure by die kantore van die Munisipale Bestuurder: Departement Beplanning en Ekonomiese Ontwikkeling, Volksrust Munisipale kantore, H/V Dr Nelson Mandela rylaan- en Adelaide Tambo-straat vir `n periode van 21 dae vanaf die datum van hierdie publikasie. Skriftelike en/of mondelinge besware teen, of verto ten opsigte van die aansoek, moet gerig word aan- en ingedien word by die Munisipale Bestuurder, Privaatsak X9011, Volksrust, 2470 voor of op 20 Julie 2026. Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie, kan gedurende kantoorure met my, of met enige personeellid van die kantore van die Senior Bestuurder: Dorpsbeplanning en Menslike Nedersettings-afdeling van die Dr Pixley Ka Isaka Seme Plaaslike Munisipaliteit konsulteer en hulp sal verleen word om die persoon se besware en/of kommentare oor te skryf. Verantwoordelike munisipale amptenaar: Mnr. Skhumbuzo Makhubu. Epos adres: skhumbuzom@pixleykaseme.gov.za. Agent kontakbesonderhede: A.A. de Pooter, Posbus 571, Volksrust, 2470. Epos adres: adepooter@volksrust.com
Reference Number: MM004934