Kinders, Tieners en sommer net aan alle kinders
Madam- Kinders, Tieners en sommer net aan alle kinders. Julle sal onthou toe hierdie stokou tannie vir julle vertel het van CAD en alkohol en verdowingsmiddels en wat dit aan jou kan doen. Helaas, ek het ook ‘n storie om te vertel. Op ‘n dag het ek vroeg wakker geword. Die morestond had goud in …
Madam- Kinders, Tieners en sommer net aan alle kinders. Julle sal onthou toe hierdie stokou tannie vir julle vertel het van CAD en alkohol en verdowingsmiddels en wat dit aan jou kan doen. Helaas, ek het ook ‘n storie om te vertel.
Op ‘n dag het ek vroeg wakker geword. Die morestond had goud in die mond en ek was sommer net lus vir die lewe! Ongelukkig het my ou man die vorige dag vertrek om na oom Angus se preke te gaan luister.
Nou tieners, wat doen ‘n mens as jy deur jou eie kinders aangerand word en dit vir geld vie verdowingsmiddels? Ek was alleen saam met hulle in my tuiste en hulle het hulself vererg oor iets waaroor ek geen beheer gehad het nie. Ek het nie kontant by my gehad nie. Die meisie wou kwansuis vir haar baba melk gaan koop wat nogal duur was oor dit spesiale babamelk is.
Net ek sal weet hoe iemand voel as hy aangeval word deur gestamp, geklap en gegooi te word met voorwerpe soos glasvase en sommer net alles wat in hul pad was. ‘n Gevloek en vervloekings het my te beurt geval. Ek was absoluut hulpeloos en alleen. My ander kinders kon nie bereik word nie.
Dit is toe my seun besef; Wat doen ons nou regtig!! Nadat sy meisie vir my vra: “Wil jy die vuis ook hê?”
“Nee!” het hy uitgeroep en hulle het die kleintjie gevat saam met haar kleuterboetie na haar ouers se woonplek.
Dit alles, kinders, het voor hierdie kleutertjie afgespeel. Hy het vir my gesê: “Oumi is stout!”
Die hele gebeurtenis het my hart in duisende stukkies gebreek. Ek sou nooit as te nimmer so-iets aan my ouers doen nie!!
Ek het my kinders vergewe omdat ek baie bekommerd was oor die kleintjie wat nog maar ‘n paar maande oud was. En gelukkig het die Here my ‘n geaardheid van ‘n vredemaker gegee. Natuurlik sal ek dit nie kan vergeet nie; iets wat gebeur het, vergeet mens nooit nie.
Maar kinders, dink julself in; hoe dink jul moet my jongste seun en sy meisie wat nou nog saam is, vandag daaroor voel? Die Bybel sê immers jy moet jou Vader en Moeder eer. Gelukkig hou ons Hemelse Vader nie boek van die kwaad nie en sal jou sondes vergewe en jou weer wit maak soos sneeu. En gelukkig kan ek byvoeg; hulle het hul harte ten volle vir Jesus gegee is vandag beter daaraan toe.
Dit, my kosbare medegelowiges en tieners, kan met enige mens gebeur wanneer jou kinders met verdowingsmiddels deurmekaar is. En hier in Newcastle kan enige tiener die goed op elke hoek van alle strate koop. Pasop daarvoor. Dit lei tot die dood.
Bella Bonzi



