LettersOpinion

Nuwe note nie ‘n wenner nie!

Mevrou – Ai, was die nuwe note met Oom Madiba se fraai gesig daarop darem nie ‘n wenner nie!! Waarom is dit so laat eers op ons banknote en nie [al] in 1994 nie? Suid-Afrika het met die wêreld se voorste en grootste ikoon gesit en hulle sit hom net op ‘n rak vir jare …

Mevrou – Ai, was die nuwe note met Oom Madiba se fraai gesig daarop darem nie ‘n wenner nie!!

Waarom is dit so laat eers op ons banknote en nie [al] in 1994 nie? Suid-Afrika het met die wêreld se voorste en grootste ikoon gesit en hulle sit hom net op ‘n rak vir jare neer waar hy stof vergaar.

Dit is darem ‘n pragtige skets op die note van Tata Madiba, sekerlik die beste ooit. En met plooie wat lag, traan en blydskap met jare en jare se reg en harde besluite, wys sy profiel net karakter en nogmaals karakter.

Natuurlik is daar negatiewe mense wat ook nog op ‘n stowwerige rak sit en nies van al die stof. Gun ons S.A. burgers vir ‘n slag ‘n goeie kans om heel te word na ‘n verlede waar niemand onskuldig genoem kan word nie, maar elk weet of sy of haar besluit reg was of nie. So ook Oom Madiba. Ook hy het besluite geneem wat hom bitter te staan gekom het. Maar helaas, als goed eind goed.

Hoewel ek hom, dit is vir Madiba nie op ‘n voetstukkie geplaas het nie, kan ek myself net die lief en leed indink waardeur hy as ‘n leier moes deurmaak. En kyk net na die sagtheid wat hy uitstraal! Dit is mos enige mens se wens om dit na te streef!

Min het hy geweet dat hy eendag so ‘n koninklike begrafnis sou hê en dat amper die wêreld sou stiltaan om alles oor die begrafnis waar te neem voor hul televisiestelle.

Bring nou net jou eie kant en stap hand aan hand die toekoms binne. Ons moet stil word voor God en hierdie land terug in SY hande sit waar dit in die eerste plek behoort te wees.

Ghaitzi Goobi

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button