LettersOpinion

Ons tieners; nog n statistiek

Geagte Mejuffrou Dit is nie net van vandag af wat ek die doen en late van jong kinders, tieners en volwassenes lees in al wat ‘n koerant, storieboek of sommer net briefies wat oor en weer gegooi word in klaskamers nie. Deesdae seker op al wat ‘n selfoon ook, asook Facebook op Internet wat ‘n …

Geagte Mejuffrou

Dit is nie net van vandag af wat ek die doen en late van jong kinders, tieners en volwassenes lees in al wat ‘n koerant, storieboek of sommer net briefies wat oor en weer gegooi word in klaskamers nie. Deesdae seker op al wat ‘n selfoon ook, asook Facebook op Internet wat ‘n heerlike sondebok geword het.

Eerstens wil ek u verseker dat ek nie ‘n skinderbek is wat graag gerugte en sappige goed uitkrap waar ek kan nie. Inteendeel, ek wil dit wat ek gaan skryf, aanspreek. Hard en duidelik.

Dit wil my voorkom hoe meer HIV op berigte en waarskuwings op al wat ‘n voorblad van die samelewing geskryf word in swart dik letters, hoe meer slaap ons tieners rond. Verkoop hul liggame vir afhanklike middels soos alkohol, en al wat ‘n verslawende middel is wat jy op elke hoek van die strate in die dorp te koop kan kry.

Die ergste van alles is dat hierdie “dealers” se name so beskerm word, oor hulle glo doodgemaak sal word sou ‘n naam genoem word teenoor die polisie, ouers ens.

Oral word kondome glo gesien en haal selfs die koerante. Toe ek nog ‘n kind was het my moeder haar dogters geleer dat hul liggame die tempel van God is. As dit eers besoedel is, kan jy nie die horlosie terugdraai nie. Tog kan jy een ding doen en weet: STOP JOU LEWENSWYSE. DIE BESLUIT IS JOUNE WAT JY MET JOU LIGGAAM AANVANG.

Gaan jy ook maar net nog ‘n statistiek word van prostitusie, HIV, en misbruik maak van middels wat jou liggaam besoedel? Gaan jy ander ook bekendstel aan jou “dealer” en net nog ‘n kind, tiener selfs volwasene laat tuimel in die donker afgrond waar jy alreeds is en nie meer kan ontsnap of wil nie?

DINK WEER ‘n KEER!! In elke donker tonnel is daar ‘n lig wat skyn, al lyk die einde so ver! Vergewe jouself en begin ‘n nuwe begin!!

Gaaitzi Goobi

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button