LettersOpinion

Slaggate in ons dorp gaan ongelukke veroorsaak

Mevrou Die gate raak nou erg in ons dorp. Dit is nou so erg dat dit ongelukke kan veroorsaak. Dit is so diep dat ‘n mens nie daardeur kan ry nie en as ‘n mens dit wil mis, moet jy amper in die ander baan ingaan. By party kruisings is dit net so sleg as’n …

Mevrou

Die gate raak nou erg in ons dorp. Dit is nou so erg dat dit ongelukke kan veroorsaak. Dit is so diep dat ‘n mens nie daardeur kan ry nie en as ‘n mens dit wil mis, moet jy amper in die ander baan ingaan. By party kruisings is dit net so sleg as’n mens wil draai.

Dis erg genoeg dat ons om die vullishope moet ry en dan nog slaggate moet probeer mis. In die woombuurte skeur die “straathonde” die sakke stukkend en die rommel lĂȘ die sypaadjies vol. Van die stank praat ons nie eers!

Wat word van ons skoon dorp? Doen asseblief net iets aan die vullis en slaggate. Die gate kan skade berokken aan ons voertuie en die vullis ontsier ons dorp.

Motoris

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button