Hoeveel langer?
Mevrou – Teen die tyd het die meeste huiseienaars hul nuutste “sogenaamde herwaardasie” op hul eiendom ontvang. Ongeag die feit dat eiendomme oor die afgelope paar jaar nie juis toegeneem het in waarde nie, is munisipale waardasie drasties verhoog. Die onlangse verhoging in rentekoerse gaan ‘n verdere negatiewe invloed op huisverkope hê. Hierbenewens blyk dit …

Mevrou – Teen die tyd het die meeste huiseienaars hul nuutste “sogenaamde herwaardasie” op hul eiendom ontvang.
Ongeag die feit dat eiendomme oor die afgelope paar jaar nie juis toegeneem het in waarde nie, is munisipale waardasie drasties verhoog.
Die onlangse verhoging in rentekoerse gaan ‘n verdere negatiewe invloed op huisverkope hê. Hierbenewens blyk dit dat geen werklike waardasies gedoen is nie, maar dat dit deur middel van Google gedoen is.
U waardasie is dehalwe gedoen op grond van wat hulle uit die lug waargeneem het- woning se dak oppervlakte. (wat nie die grootte van afdakke in gedagte hou nie) Gesels gerus met huiseienaars in u omgewing en u sal verder vind dat wonings met dieselfde oppervlakte drastiese verskille in waardasies toon.Op grond waarvan?
U word ook aan bande gelê om beswaar aan te teken, aangesien dit voor 18 April 2014 ingedien moes word. Dit alles word verdoesel onder die “toegewing “ dat dit nie die jaar belas sal word nie, maar volgende jaar gaan ons hoes.
Hoeveel langer sal ons hierdie munisipaliteit kan bekostig,terwyl miljoene rande net verdwyn?
BEKOMMERDE HUISBEWONER.



