LettersOpinion

‘n Beter Suid-Afrika?

Mevrou – Graag wil ek ‘n baie belangrike aspek aanspreek omtrent hoe jy, die werkgewer, jou werknemers moet behandel en aanspreek. Een van ons familielede het by ‘n motorherstelplek in die industriële gebied gewerk. Hy het sy werk baie geniet. Maar helaas; sy werkgewer het ‘n taalgebruik wat skrik vir niks, het geen werkloosheidsversekering, geen …

Mevrou – Graag wil ek ‘n baie belangrike aspek aanspreek omtrent hoe jy, die werkgewer, jou werknemers moet behandel en aanspreek.

Een van ons familielede het by ‘n motorherstelplek in die industriële gebied gewerk. Hy het sy werk baie geniet. Maar helaas; sy werkgewer het ‘n taalgebruik wat skrik vir niks, het geen werkloosheidsversekering, geen oortyd, en geen kontrakte aangaande sy werknemers op lêer nie. Dit wil sê; hy kan maak en breek soos hy wil.

Baie gerieflik, moet ek sê! Jy as werkgewer verdien sakke vol geld en jou werknemers loop met ‘n aalmoes in die hand weg, week na week. Sou jy iemand anders wou aanstel soos ‘n familielid, roep jy gou-gou een van die werkers in soos hierdie jongman en vertel hom doodeenvoudig dat jy het nie meer “plek” vir hom nie!

Hierdie werkgewer dra sy naam ‘werkgewer’ nie gestand nie. Dit is mos hoe dit gedoen word deesdae volgens hom in hierdie land van ons. Hy doen en sê net eenvoudig wat, wanneer en waar hy wil en hoe hy wil. Hy dink nie dat die man wat hy sopas in die padgesteek het, ‘n familie het om te onderhou nie. Hy het heel moontlik kinders op skool ook met behoeftes wat skrik vir niks nie.

Skielik sit hy met sy hand in as. Waar kom die volgende maaltyd vandaan vir sy kinders? Moet hy hulle ook leer om te bedel vir ‘n stukkie brood? Waar kom klere en ek moet sê, die lys is lank, baie lank, nou vandaan? Hierdie man skielik op straat deel CV’s uit waar hy kan. Werk is bitter skaars. Sy vorige werkgewer het nie daaraan gedink om enige getuigskrif of enige erkenning aan hom te gee nie.

Watwou! Dit is sy werkplek, sy stukkie grond van goud en helaas hy is soos sy eie klein afgodjie voor ‘n ronde klein spieëltjie. Gaan kyk maar, hy loer so baie in die ronde spieëltjie dat sy gesiggie ooral rond vertoon.

Ek wil ‘n beroep doen aan enige jongman of meisie; Maak seker dat die plek waar jy begin werk werkloosheidversekering het, dat jou werkgewer jou nie net ‘n stukkie papier as salarisstrokie vir jou gee nie. Dat jou salaris op ‘n netjiese getikte papier is met al die nodige aftrekkings en al die nodige informasie daarop het! Dit is baie belangrik!

Daarsonder kan jy nie eens na ‘n prokureur toe gaan of na die werkloosheisversekering toe gaan nie, of ‘n Unie nader nie. Jy moet met die nodige gewapen wees sodat jy nie in sak en as sit op straat sodra ‘n werkgewer wat met elke tweede woord f… praat, jou op ‘n dag sonder enige voorbehoud in die pad steek sonder enige grondige redes nie!

Onthou; dit gaan nie help om te sê: “Wag maar, die wiel draai, en hy draai stadig maar seker,” nie! Kom net jou kant na, en die wiel draai sommer woer-woer sommer vinnig verby!

En moet ek sê: ‘n Baie beter Suid-Afrika sal vir baie ‘n beter plek word om in te woon en werk!

Gaaitzi Goobi

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button