LettersOpinion

Die CAD staan by jou deur alles waardeur jy gaan

Graag wil ek weereens aan alle tieners, volwassenes, bejaardes en sommer net allemense wat 'n verslawing-probleem het, die wonderlike nuus van 'n sobere lewe meedeel.

Mevrou – Graag wil ek weereens aan alle tieners, volwassenes, bejaardes en sommer net allemense wat ‘n verslawing-probleem het, die wonderlike nuus van ‘n sobere lewe meedeel.

Dit is veral gerig aan tieners wat alles wil beproef en glo net die goeie wil behou. En opeindig in ‘n lewe van misdaad.

Ek behoort aan die CAD en het ‘n lewe gelei en was virreers verslaaf aan voorgeskrewe medikasie. Vir 15 jaar nogal! Later het ek selfs alkoholiese drankies begin drink oor ek aan aan depressie gelei het en vanweë die depressie ook aan angs aanvalle. Ek het van die een tot die ander psigiator gegaan. tot een psigiator ‘n letsel op die brein d.m.v. ‘n breinskandering ontdek het.

My liewe medemens, maar om van enige middel waaraan jy verslaaf was, gespeen te word, is nie vir kinders bedoel nie. Nee, jy moet eerstens na jou dokter luister, en die wonderlikste van alles; ek het die CAD ontmoet wat steeds na soveel jare aktief is in Newcastle.

Hulle staan by jou die hele pad na soberheid teen enige soort van verslawing. Selfs dobbelververslawing! En almal wat aan die CAD behoort had een of ander tyd ook verslawing-probleme en sal nie ‘n vinger na jou toe wys nie. Sommige lede word ook bygestaan deur ‘n vriend wat hulle ondersteun.

Tieners, en enige verslaafde gaan loer bietjie in by die CAD. Kontak eers vir Peter 082455421, of Jood 082693909, of vir Terence 0827894311. Hul nommers is ook onder die PERSONAL kolom in die Newcastle Advertiser.

Die CAD Help enige persoon, ongeag ras en nasie. Hulle wys niemand weg nie. En elkeen wat soontoe gaan vir hulp kom agter dat die Hemelse Vader vir elkeen van Sy kinders die son laat skyn. Die CAD staan by jou deur alles waardeur jy gaan. Die goue reël vir elke gesonde mens is: moenie daardie eerste sigaret opsteek nie! Al is die druk van jou maats hoe erg!

Moet nooit daardie eerste bier of alkoholiese drank drink nie! Moet nooit enige pille, poeiers, gom of iets dergeliks by jou maats neem en dit gebruik of snuif nie! Die eerste keer lei meeste van die tyd tot ‘n aaklige lewe van verslawing en alles wat daarmee gepaard gaan! En glo my dit is nie mooi nie!

Ouers, wees ‘n voorbeeld vir ons jongmense en laat hul toe om net die beste van leiers van Suid-Afrika te word! Want die voorbeelde wat jy vir kind gee, dit boots hy/sy getrou na! Laat ons kinders ‘n sorgelose, gesonde lewe lei soos Ons Hemelse Vader dit wil hê. Onthou om altyd saam Jesus te wandel en Sy hand vas te hou. Jesus luister na jou gebede soos jou eie.

Ek groet my landgenote met ‘n gesonde oop gemoed.

Gaatzi Goobi

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button