
Madam – Moeders se pyn is onbeskryflik.
Niks kan ooit die pyn van ‘n moeder wegvat nie. Niks kan ‘n gebroke moederhart heelmaak nie. Niks kan die trane stop wat ‘n moeder oor haar kinders stort nie. Niks kan die verlange wegneem nie, en ook nie die eensaamheid binne haar vul nie.
‘n Moeder sal nooit vergeet van haar kinders nie. Niks kan die liefde wat ‘n moeder vir haar kinders het, doodmaak nie. Daar is niks wat enige van die dinge beter kan maak nie, behalwe ‘n moeder se kinders.
Al is ‘n moeder en kind geskei van mekaar, sal daar altyd ‘n band tussen hulle wees. Die band van liefde kan niemand breek nie. Dieselfde bloed vloei in hulle are. Al is die verlange groot, voel die een die ander een s’n aan.
‘n Moeder se kind is soos ‘n skitterende ster. Al gaan hulle deur storms, die see onstuimig, en al skeur die aarde, sal daar altyd ‘n band tussen moeder en kind wees. Al vernietig vlamme velde, sal ‘n moeder nog staan. Soos al die duisende sterre wat skitter so is ‘n moeder se liefde. Soos sonstrale skyn oor die aarde, so sal ‘n moeder se liefde oor haar kinders skyn.
Soos reĆ«ndruppeltjies saggies val, so daal ‘n moeder se liefde op haar kinders neer. Hulle is so kosbaar soos diamante. ‘n Moeder is onvervangbaar, so is ‘n moeder se kinders onvervangbaar.
Die moederhart is die mooiste hart wat jy kan vind. Dit loop oor van liefde en omgee. ‘n Moederhart met soveel liefde vir haar kinders.
Marina Smal



