LettersOpinion

Voorslag vroue met flink vingers en warm harte

Twee maande gelede het sowat tien dames van La Gratitude Aftree-oord met ‘n breiprojek begin om fondse in te samel vir behoeftiges.

Mevrou –

Twee maande gelede het sowat tien dames van La Gratitude Aftree-oord met ‘n breiprojek begin om fondse in te samel vir behoeftiges. Lorette Botha van Solidariteit Helpende Hand het wol geskenk en van die dames het wol uit eie sakke aangekoop.

Met die aanbreek van die winterfees was letterlik honderde produkte klaar gebrei. Vanaf stewelmoutjies, bedsokkies, mussies, sneespapierhouers tot selfoonsakkies, asook pragtige serpe en truie.

Hierdie items was tydens die winterfees verkoop in ‘n stalletjie wat goedgunstiglik deur die bestuuur van die winterfees beskikbaar gestel was. Sodoende is ‘n bedrag van meer as R6300 ingesamel.

Van die fondse wat ingesamel was, is aan twee hoërskole geskenk om sanitêre benodigdhede vir behoeftige kinders aan te koop. Dit was ook aangewend om geriatriese doeke vir ‘n jaar te borg vir twee bejaardes in ‘n ouetehuis.

Die voorsitter van Solidariteit Helpende Hand het die dames van die breiprojek op ‘n ontbyt getrakteer om hulle te bedank vir hulle toegewyde en harde werk. Solidariteit Helpende Hand bedryf ook verskeie ander wylsynsprogramme en het geen verbintenis met ‘n gelyknamige entiteit wat plaaslik bedrywig is nie.

‘n Klein hoeveelheid van die onverkoopte artikels is nog beskikbaar. Indien u daarvan wil bekom, skakel Lorette by 034 315 4968 of 082 745 3546.

Hennie van Niekerk

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button