LettersOpinion
Letter to editor: Wees versigtig met jou uitsprake
Mevrou – Wees versigtig met jou uitsprake. Woorde is magtige wapens wat baie onheil kan stig. Laat jou tong nooit iemand op sy plek sit nie, verkleineer nooit iemand met jou groot mond nie. ‘n Harde woord, skerp woord, dit kan lank op die bodem van die hart bly brand, ‘n litteken daar agterlaat. Wees …
Mevrou – Wees versigtig met jou uitsprake.
Woorde is magtige wapens wat baie onheil kan stig. Laat jou tong nooit iemand op sy plek sit nie, verkleineer nooit iemand met jou groot mond nie.
‘n Harde woord, skerp woord, dit kan lank op die bodem van die hart bly brand, ‘n litteken daar agterlaat.
Wees sag en barmhartig met jou woorde. Woorde moet ligte wees. Woorde moet versoen, bymekaar bring, vrede maak.
Waar woorde wapens word, staan mense as vyande teenoor mekaar. Die lewe is veels te kort en ons wêreld veels te klein om ‘n slagveld daarvan te maak!
Marina Smal
Read
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



