LettersOpinion

BRIEF: Hou asseblief ons dorp skoon

Ons munisipaliteit werk hard om ons mooi dorp skoon te hou.

Mevrou – So paar weke gelede het ‘n briefskrywer in die koerant voorgestel dat Newcastle se inwoners moet help om die dorp skoon te hou om ook gemors soos papiere wat net neergegooi is, op te tel en in asdromme te gooi.

Dit is moontlik. Ek is ‘n pensioenaris en is ook bereid om deel te wees van so ‘n operasie skoonmaak van ons mooi dorp.

Nou wonder ek tog: Wat het geword van voorkoming van die gemors in die eerste plek? Word kinders en tieners en selfs volwassenes nie in die eerste plek van jonks af geleer om hul vullis in spesiale vullisdromme wat oral in die dorp rond staan in te gooi nie?

‘n Rommelstrooier ouer gooi sy gemors voor sy kinders neer en sy kinders kry die voorbeeld en sal dieselfde doen en met trots sy ouer naboots.

Plaas dat ouers hul kinders en families dam toe neem, gaan visvang, piekniek hou en hul kinders op ‘n heerlike manier van netheid leer om hul spesiale plekkie mooi skoon agter te laat deur al die houertjies waarin hul kos was in die vullisdrom te gooi en dit nie langs die drom te los nie.

Ons dorp is mos ook ons spesiale woonplek waar ons nie rommelstrooiers, morsjorse en onnodige straatvullis gaan duld nie. Ons munisipaliteit werk hard om ons mooi dorp skoon te hou. Hulle werk selfs na werks ure om rommelstrooiers se gemors op te vee. Ek sit ‘n veertjie in hul hoed. Wees gegroet.

Gaaitzi Goobi

Vir meer briewe aan die redakteur, klik hier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button