
Meneer
Saterdagaand, 21 April om en by 10 uur die aand is by ons huis ingebreek.
Twee mans het die diefwering oopgebreek en so toegang verkry.
Ons is met ‘n vuurwapen aangehou. Ons is beroof en toe het hulle met ons voertuig gevlug. Ons het dadelik die SAP gekontak. Hulle, “die SAP van Glencoe”, was binne 10 minute by ons huis. Binne 15 minute was die buurtwag, Douglas Lee, nog ander SAP lede en speurders by ons huis gewees. Binne omtrent ‘n uur en ‘n half was ons voertuig opgespoor. Alle eer en dank aan die SAP van Glencoe en almal wat so flink opgetree het.
Ons dank julle almal.
Frans en Sylvia Maré
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



