BlogsVryheid Herald

Waarom Sondae soos ’n emosionele reset voel

Reset Sondag verken stilte, moegheid en die behoefte aan emosionele oor begin.

Sondae is ’n vreemde soort stilte.

Nie die ‘alles is rustig en perfek’ soort nie. Meer die ‘ek kan uiteindelik hoor hoe moeg ek is’ soort. Dis die dag wat die wêreld sy volume afsit, maar jou gedagtes besluit dis nou tyd om alles gelyk te speel; verlede week, verlede maand, en daai een gesprek wat jy vyf dae later nog steeds in jou kop herhaal.

Reset Sondag begin gewoonlik stadig. Te stadig om verdag te wees, maar vinnig genoeg om jou in te haal voor jy jou eerste behoorlike asem in trek. Jy sit met ’n koppie koffie (of kom ons wees eerlik, dalk al met ’n klein gin-gedagte wat wag vir later), en jy kyk na die huis. Of die chaos. Of die ‘ek sal dit môre regpak’ hoop wat al drie dae lank in die hoek lê.

En dan begin die internal inventory.

Wat het ek hierdie week reg gekry?

Wat het ek oorleef?

Hoekom voel ek moeg vir dinge wat nie eers fisies moeilik was nie?

Jy dink aan alles wat jy moes doen, alles wat jy nie gedoen het nie, en alles wat jy gedoen het terwyl jy moeg was. Dis ’n weird balans tussen trots en ‘ek kon beter’.

Maar iewers tussen die wasgoed wat wag, die boodskappe wat jy nog nie beantwoord het nie, en die stilte wat te eerlik raak, gebeur iets.

Jy besef jy is nog hier.

Nie perfek nie. Nie op datum nie. Nie altyd op koers nie. Maar hier.

En dalk is dit genoeg vir vandag.

Reset Sondag vra nie vir groot besluite nie. Dit vra net vir ’n klein terugkeer na jouself. Om weer asem te haal sonder skuldgevoel. Om te aanvaar dat jy nie ’n masjien is nie, al probeer die week jou oortuig jy is.

Jy sit terug. Jy kyk weer na jou koppie. Jy dink dalk aan daai eerste skeut gin wat wag vir later, nie as ontsnapping nie, maar as erkenning: jy het deur die week gekom.

En miskien is dit al wat ’n reset regtig is.

Nie om alles reg te maak nie. Net om weer oor te begin.

Jy hoef nie elke Maandag perfek te wees as jy Sondag nog leer om mens te wees nie. Skink die koffie, hou die gin naby, en onthou – it is what it is.

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button