Boere en stadsjapies span saam vir gholfpret
Amajuba Agri se gholfdag by Newcastle Gholfklub bring boere, stadsjapies en sportmotors saam ter ondersteuning van die Rapportryersbeweging.
Stropers en sportmotors het skouers geskuur terwyl boere en stadsjapies mekaar op die gholfbaan uitdaag.
Amajuba Agri het hul jaarlikse gholfdag, ten bate van die Rapportryersbeweging, op 18 Oktober by Newcastle Gholfklub aangebied.
Die borge het vir verversings, pryse en ‘n lewendige atmosfeer gesorg.
Baie geluk aan die dag se wenners:
- Eerste plek: Sheng-Po Tseng en Pradeep Sing (51 punte);
- Tweede plek: Tinkie van der Heever en Willie Bruin (48 punte);
- Derde plek: Paul Byrom en Eric White (47 punte, onco);
- Vierde plek: Roshan en Kamil Singh (47 punte, onco);
- Vyfde plek: Johannie Schreuder en Elred Darvall (46 punte, onco).
Die volgende geleentheid by die Gholfklub: Oktober 25 is Henry’s Spar Monthly Mug (Medal)
The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and follow us on our WhatsApp Channel



