EntertainmentLifestyle

Newcastle Rapportryers is bo-aan die lys

Newcastle Korps kan met trots sê dat hulle met lof geslaag het en 83 persent behaal het.

Submitted by Johann Marais

Die Rapportryers was onlangs by Grahamstad se Landsberaad gekroon as die beste Korps in Suid Afrika vir die termyn 2014/2015.

Een van die kriteria waaraan oorweging geskenk is, is die persentasie van fondsinsamelings wat in die gemennskap teruggeploeg is.

Newcastle Korps kan met trots sê dat hulle met lof geslaag het en 83 persent behaal het.

“Dankie aan die Newcastle gemeenskap wat die Rapportryers altyd ruimhartig ondersteun. Hierdie jaar sover, is die Landsberaad te Grahamstad bygewoon, die Battlefields watertafel beman en The Lekker Amajuba Race en Winterfees biertuine bedryf. Laasgenoemde was vyf dae and aande se uitmergelende harde werk,” het Johann Marais van die Rapportryers gesê.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button