EntertainmentLifestyleLocal sportSport

NKZN skuts presteer puik

Groen en Goud wink vir die twee skuts om ingesluit te word in die Nasionale spanne wat in Maart aangekondig gaan word.

Noord KwaZulu-Natal en veral Buffalo River Skiet Klub lede, het die jaar baie goed presteer.

Jean Engelbrecht het gedurende die laaste Nasionale Kampioenskappe, wat te Stifontein gehou is, die Classic afdeling gewen. Indien hy gekies is vir die Nasionale span, sal Jean kleure hê in die Standaard, Produksie en Classic afdelings.

André van Straaten het die Senior Standaard afdeling in die Kampioenskappe gewen, wat bygedra het tot sy kampioenskap titel vir hierdie jaar. Dit is die vyfde maal dat hy die title in die afdeling verower.

Beide skuts is met ‘n Presidentsmedalje beloon vir hulle prestasies ten tye van die afgelope Nasionale kampioenskappe, en Groen en Goud wink vir die twee skuts om ingesluit te word in die Nasionale spanne wat in Maart aangekondig gaan word.

Hulle deelname aan die Wêreld Kampioenskappe wat in Florida VSA aangebied word in Oktober 2014, sal na die volgende Nasionale Kampioenskappe in Maart volgende jaar bevestig word. BRSC en NKZN hou vir die manne duim vas.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button