Local sportSport

Vryheid Athletic Club – Amper tyd vir die Comrades’

Die atlete se voorbereiding is so te se gedoen, daar word nou al redelik min gehardloop en die tasse word al gepak vir die groot dag. Ter ondersteuning gaan ons die laaste lang hardloop op Saterdag, 23 Mei saam met die Comrades' atlete hardloop/stap. Ons begin 6:00vm by Stegen’s garage, draf/stap net 12km, met Ds Ferdinand as die waterkar. Daarna gaan ons saam kuier by die Wimpy, so bring asb droë klere saam.

www.comrades.runnersworld.co.za
www.comrades.runnersworld.co.za

NA DIE klub se groot pret naweek op St Lucia is dit tyd vir meer ernstige wedlope, naamlik Comrades’, ‘The Ultimate Human Race.’

Die atlete se voorbereiding is so te se gedoen, daar word nou al redelik min gehardloop en die tasse word al gepak vir die groot dag. Ter ondersteuning gaan ons die laaste lang hardloop op Saterdag, 23 Mei saam met die Comrades’ atlete hardloop/stap. Ons begin 6:00vm by Stegen’s garage, draf/stap net 12km, met Ds Ferdinand as die waterkar. Daarna gaan ons saam kuier by die Wimpy, so bring asb droë klere saam.

Die Comrades’ sosiale funksie en kerkdiens vind op Donderdag, 28 Mei plaas en ons nooi veral die deelnemers, maar ook die res van ons lede om die funksie by te woon. Dit is regtig ‘n spesiale geleentheid. Die funksie begin om 6:00nm en kos word voorsien, so antwoord asseblief by Carla, voor Maandag, 25 Mei.

Die amper 90km wedloop word dan op Sondag, 31 Mei gehou. Baie voorspoed aan ons klublede! Ons gaan julle in ons gedagtes volg en van ons lede gaan vir julle langs die pad wees.

Onthou asseblief dat tydtoetse Donderdae om 5:15nm begin! Dit raak nou al vinnig donker. Kom hardloop of stap gerus saam en bring iets saam om na die tyd te braai.

Vir verdere besonderhede kontak gerus ons sekretaresse Carla by 084 477 7704.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button