Ncandu Rolbalklub verkies nuwe komitee
Hannes Willemse is aangewys as president en Wayne Klose as vise-president.
Die Ncandu Rolbalklub het Saterdag (Julie 16) hul jaarlikse Algemene Jaarvergadering by die klubhuis gehou.
Tydens die AJV, waar die finansiële verslag ook gelewer is, is die inkomende komitee verkies.
Hannes Willemse is aangewys as president, Wayne Klose as vise-president, Tertia Theunissen as sekretaresse, Sannie Hartzenberg as tesourier, Marina Viljoen, Titia Engelbrecht, Billy Villiers en Winnie Hunter as addisionele lede, Eugene Erasmus as kompetisiesekretaris, en Lu Theron as perke-opsigter en onderhoudsbeampte.
My hartelike dank aan die komitee vir julle samewerking en ondersteuning oor die afgelope jaar. Elkeen het sy kant gebring in dit wat van julle verwag is,” het Willemse gesê. “Ek wil graag die lede uitsonder wat spesiale take gehad het om te verig. Julle het dit sonder huiwering uitstekend gedoen en altyd die klub se belange op die hart gedra…”
Vir die volle verslag en meer fotos, lees die opkomende edisie van die Newcastle Advertiser.
The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).



