Local sportSports galleriesVryheid Herald

Wêreldwye swemmarathon bring vroue bymekaar

Tien vroue het drie uur lank geswem om fondse vir Christelike Maatskaplike Dienste in te samel.

Tien vroue het op Saterdag aan die 14de Wêreldwye Swemmarathon (aquathon) deelgeneem en drie ure lank geswem om fondse vir Christelike Maatskaplike Dienste (CMD) in te samel.

Die Wêreldwye Swemmarathon is ’n internasionale waterfiksheidsgeleentheid wat deelnemers in verskillende lande bymekaarbring vir ’n drie uur lange oefensessie in die water. Die doel is om waterfiksheid en ’n gesonde leefstyl te bevorder, terwyl plaaslike groepe ook die geleentheid gebruik om fondse vir goeie doeleindes in te samel.

Swem vir ’n goeie doel

Die geleentheid is deur Lario Eybers van Aquacize & Pilates aangebied en het vroue bymekaar gebring vir ’n oggend van swem, fiksheid en fondsinsameling.

Eybers het haar waardering uitgespreek teenoor die tien deelnemers wat die dag moontlik gemaak het. Sy het ook Sandy bedank vir ’n ruim skenking en die druk van die sertifikate.

Dankie aan almal wat bygedra het

Elmarie Botha het die deelnemers ná die drie ure se swem met kolwyntjies bederf. Nadine Pillay van Danceology het ook bygedra tot die dag met ’n dansgeleentheid.

Eybers het verder haar dank uitgespreek teenoor Debbie, ’n instrukteur, vir haar leiding en die nuwe idees wat sy met die groep gedeel het.

Die swemmarathon het nie net ’n geleentheid gebied om fondse vir CMD in te samel nie, maar ook vroue bymekaar gebring rondom ’n gemeenskaplike doel.

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button