Skuts verwerf SA kleure
Ryno van Zyl maak ons ekstra trots. Hy behaal twee 2de plekke en verwerf sy Springbokkleure. Hy is ook gekies as deel van die SA span wat na Engeland gaan reis later in 2018. Geluk, julle maak ons trots.
Uitgereik deur Hoërskool Pionier
Die afgelope naweek het ons skuts Bloemfontein toe gereis. Baie geluk aan Thomas Kotze wat ‘n 2de plek en ‘n brons medalje ontvang het. Hy verwerf ook sy SA kleure. Cayla Putter het ook goed presteer en het ‘n 2de plek en silwer medalje ontvang. Sy ontvang ook haar Springbokbaadjie en verwerf haar SA kleure. Ryno van Zyl maak ons ekstra trots. Hy behaal twee 2de plekke en verwerf sy Springbokkleure. Hy is ook gekies as deel van die SA span wat na Engeland gaan reis later in 2018. Geluk, julle maak ons trots.
Puk 16 semi-finaal uitslae:
Puk 16 Semi finaal
You might also want to read: Goeie voorbereiding vir Hoërskool Pionier
Rugby: 0/14 verloor 8-12 teen Stofberg, O/15 wen 39-14 teen Delmas, 0/16 wen 12-5 teen Oosterland, 2de span wen 22-3 teen Stofberg en die 1ste span wen 41- 12 teen Pretoria Noord en speel eerskomende Saterdag in die finaal vir die 1ste plek.
Netbal: 0/14 wen 23-12 teen Oosterland, O/15 wen 31-9 teen Delmas, 0/16 wen 20-18 teen Pretoria Noord, 2des wen 25-18 teen Stoffberg. 1ste span wen 33-27 teen Pretoria Noord.
If you have any interesting stories please send them to: estella@caxton.co.za
Hokkie: 0/14 wen 3-0 teen Pretoria Noord, 0/15 wen 5-1 teen Pretoria Noord, 0/16 wen 3-2 in ‘shootout’ teen Delmas, 2des wen 6-0 teen Stoffberg en speel Saterdag in die finaal vir 1ste plek. Die 1ste span wen 3-0 teen Oosterland.
Atletiek
Zandri Meyer het tydens die vakansie van 5-7 April deelgeneem aan ‘n atletiekbyeenkoms in Paarl. Sy het 12de plek behaal in Skyfwerp met 32,69m. Sy kon ongelukkig nie aan die Gewigstoot item deelneem nie as gevolg van ‘n besering.
Swem
Die volgende swemmers het Levels geswem van 3-6 April in Sasolburg. Hulle het soos volg presteer:
Level 2: Dirk Grobler behaal ‘n 7de plek en twee 10de plekke, Marjean van Zyl behaal ‘n 9de,11de en 24ste plek.
Level 3: Estiaan Botes behaal ‘n 5de, 8ste en twee 10de plekke, Danielle Bosman behaal ‘n 4de en twee 6de plekke en Berné van Heerden behaal ‘n 2de en 4de plek.
Program:
20-21 April: PUK 16 finaal te Potchefstroom
21 April: Skyfskiet Liga 3
KZN Netbalproewe



