Die onafhanklike Republiek van Endumeni…
Hierdie ding kom al ‘n lang pad, en hy loop nie draaie nie. Ek het gesien hoe raak’ie manne bewerig (of is dit gatvol?) oor ‘n paar goete. Met 2010 wat soos ‘n babelas op die horison huiwer, gaan Endumeni sy grense toemaak vir alle daggasmokkelaars, rumdrinkers, Dunhill rokers en Tatadrywers. Die onafhanklike Republiek van …
Hierdie ding kom al ‘n lang pad, en hy loop nie draaie nie. Ek het gesien hoe raak’ie manne bewerig (of is dit gatvol?) oor ‘n paar goete. Met 2010 wat soos ‘n babelas op die horison huiwer, gaan Endumeni sy grense toemaak vir alle daggasmokkelaars, rumdrinkers, Dunhill rokers en Tatadrywers. Die onafhanklike Republiek van Endumeni sal dan tot stand kom, met die eerste kabinet wat gaan sitting inneem in die perdeskoen op die eerste vloer. Die uitvoerende president en enigste man wat op teevee mag verskyn, sal seker maar vir die interim Djour Worship de Mayor wees, met sy adjunk ou Gert wat daar voor Decima se venster karre oppas.
Aaap en sy bende bobbejane sal die eerste onafhanklike Gewapende Magte vir die Beskerming van die Volk se Hardgesteelde Uhuru wees, en miskien kan ons vir Sipho aanstel om die eerste Chief of Police te word, noudat hy nie meer die Worship hoef op te pas nie. Hulle sal almal op sulke groot geel Harleys ry, met sidekarre, sodat die manne darem plek sal hê om so nou en dan ‘n dronk Man United supporter stasie toe te ry. Op die sosiale front kan Anton die Deputy en Dick “The Spindoctor” maatskaplike welsyn behartig en vir alle behoeftiges Gold kaarte uitreik. Dan sal daar nie meer sulke lang toue buite op straat staan nie. Alle outomatiese tellermasjiene sal verban word, en Johan Adendorff sal in beheer geplaas word van die spesiale taakgroep wat almal gaan opblaas. Die “Hoe moet ons jou help” bank van Victoriastraat sal betaal daarvoor.
Oompie Evan sal minister van buitelandse Sake word, met Groot-Pierre as sy deputy, dan kan hulle met sy wit Landrover Indaba toe ry om “forrin inwestmints” te gaan bewimpel. Weens die tekort aan knoffel en olyfolie sal daar geen Minister of Health wees nie, en almal moet hulle eie mediese fondse betaal. Die Bowman kan Minister van Propaganda, telekommunikasie, die gedrukte media en koerantpapier word, met Siphiwe as sy Chief Troubleshooter and Problemkiller. Simon kan Minister of Housing en Golfklubs word, en sy deputy se pos sal eers oop bly, net in case daar ‘n ou probleempie met die Yanks ontstaan oor 9/11, vlieënde bomme en brandweermanne. Enige local pilots wat belangstel om aansoek te doen kan oppie Internet gaan kyk by www.vlieginjoumoerin.bom. No landing experience necessary. Kontakpersoon is Shawn Caldecott (as hy sy vlieënde Briggs & Stratton tussen die soccer games en koeipatties deur geland gekry het.)
Dan is die poste van Minister of Pest Control and Foreign Soccer supporters, Minister van Verdediging, Worship van Wasbank, Hekwag by Talana-museum, Chauffeur van die Sekretaris: Toergidsvereniging nog oop. Plaaslike insette sal deur die nuwe regeing aangevra word, en die nuwe burgers van RVE Endumeni sal kans kry om te wonder wie dit gaan wees. Ingevolge proklamasie sal die volgende voorwerpe as beheerde items in die toekoms deurgaan: hardeskywe kleiner as 100 gigabyte, ou army slaapsakke, Castle lager, blended whisky, plaasboere sonder grondeise, diesel dubbelcabs, avokadopeerverkopers en dakverwers. Advertensies op teevee wat sal teruggebring word, is Vriendelike Frikkie (die hele een) en daai ene van die voëltjie wat wat jy daai groot gun in die krokodil se bek hoor span en al sy tanne uitskiet.
Sela.



