Landbou: Ons is trots

DIE 34ste jaarlikse prysuitdeling vir Vryheid Landbou se akademiese-, sport- en kultuurjaar het plaasgevind op 18 Oktober 2013. Mej. Sebabatso Thulo (hoofmeisie 2012) het as gasspreker opgetree. Sy is die stigter van die “I am proud” inisiatief waar dogters in die landelike omgewing van haar tuisdorp, Pomeroy, ondersteun en opgevoed word om hulle plek as …

Leiers vir 2014 aangewys. Saam met 2013 hoofseun, John Paul Khumalo en hoofmeisie, Nomcebo Goba is: Links voor Simphiwe Myeza (hoofseun skool) en regs voor Spokazi Dlamini (hoofmeisie skool). Agter vlnr: Onderhoofde N. Gwamandla, Senamile Ndebele, Saziso Manyoni, Mfundiso Ntshangase.
Leiers vir 2014 aangewys. Saam met 2013 hoofseun, John Paul Khumalo en hoofmeisie, Nomcebo Goba is: Links voor Simphiwe Myeza (hoofseun skool) en regs voor Spokazi Dlamini (hoofmeisie skool). Agter vlnr: Onderhoofde N. Gwamandla, Senamile Ndebele, Saziso Manyoni, Mfundiso Ntshangase.
DIE 34ste jaarlikse prysuitdeling vir Vryheid Landbou se akademiese-, sport- en kultuurjaar het plaasgevind op 18 Oktober 2013. Mej. Sebabatso Thulo (hoofmeisie 2012) het as gasspreker opgetree. Sy is die stigter van die “I am proud” inisiatief waar dogters in die landelike omgewing van haar tuisdorp, Pomeroy, ondersteun en opgevoed word om hulle plek as dames en toekomstige moeders in die samelewing volwaardig vol te staan.
Sy het die gehoor en veral die leerders inspireer om geen geleentheid te laat verbygaan nie en die meeste te maak van elke dag. Talle akademiese, sport en kultuurtoekennings is oorhandig aan presteerders en ons is besonder trots op elkeen. Baie geluk aan die leierskorps wat aangewys is vir 2014.
Skoolleiers is as volg: S Myeza (hoofseun) S Dlamini (hoofdogter). Koshuis: S Manyoni (hoofseun) S Ndebele (hoofdogter). Onderleiers skool: S Manyoni en S Ndebele asook N Gwamandla en M Ntshangase, laasgenoemde leerders verteenwoordig die dagskoliere. Baie geluk aan JP Khumalo wat aangewys is as die 2013 Dux student. Leerders wat op nasionale vlak presteer het, verdien ook vermelding, naamlik T. Mbuli en N. Khumalo wat deelgeneem het aan die Landbouweekblad Nasionale Jeugskou en Thabane Dlamini wat sy springbokkleure verwerf het vir Landsdiens.
Ons bedank graag die volgende borge: Matt Engineering, HMS, Trotter & Houston, Pasteur Pharmacy, NTT Toyota, BKB, Top sport, Trevor Smith Sport, Drs Niebuhr and Partners, Mascor (trofee), FNB, Kambula Electrical, Link Up Security, Vryheid Herald, Sharp.
Baie dankie aan Mnr. Neels Upton (Vleissentraal) wat die pryse oorhandig het.
Bon Voyage: Ons wens Mev. Van Niekerk, vergesel van haar eggenoot, ‘n voorspoedige reis toe na Paraguaya en ‘n veilige terugkeer. Ons sien baie daarna uit om nuus uit die ver land te ontvang en al die opwindende werdervaringe te deel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button