LMS: Hengelkompetisie ‘n sukses

NADAT LMS se jaarlikse hengelkompetisie, a.g.v die lae watervlak nie gedurende 2012 kon plaasvind nie, was vanjaar se kompetisie weer ‘n groot sukses. Daar het op Saterdag 26 Oktober, 87 oewer en boothengelaars opgedaag om vir die onderskeie pryse mee te ding. Die karp hengelaars het R5000-00 deur hul vingers laat glip. Geen karp is …

“Ja, so this beats sitting in a classroom, hey?” “Ja, boet, that’s for sure.”
“Ja, so this beats sitting in a classroom, hey?” “Ja, boet, that’s for sure.”
NADAT LMS se jaarlikse hengelkompetisie, a.g.v die lae watervlak nie gedurende 2012 kon plaasvind nie, was vanjaar se kompetisie weer ‘n groot sukses. Daar het op Saterdag 26 Oktober, 87 oewer en boothengelaars opgedaag om vir die onderskeie pryse mee te ding.
Die karp hengelaars het R5000-00 deur hul vingers laat glip. Geen karp is ingeweeg nie, terwyl daar goeie kompetisie onder die ander spesies was.
Baie geluk aan die volgende wenners :
R5000-00 – Swaarste Baber (Senior) geborg deur JMR : A.C. Schonborn (4,19kg)
R5000-00 – Swaarste Baar (Senior) geborg deur Sign Centre : Elna Brits (1,73kg)
R1000-00 – Swaarste Baber (Junior) geborg deur NN Body Works :
Jaques van Niewenhuizen (3,46kg)
R1000-00 – Swaarste Baar (Junior) geborg deur NN Body Works :
Roland Breedt (1,365kg)
R2000-00 – Swaarste Sak Baars (Senior) geborg deur MASCOR :
Xander van Heerden (8,755kg)
Daar was ook verskeie ander pryse gewen. Baie geluk aan elke hengelaar wat met ‘n prys weggestap het.
Baie dankie aan elke instansie asook individue wat met borgskappe, groot en klein bygedra het tot die sukses van die dag. En dan is daar groot waardering vir elke hengelaar wat ingeskryf het vir die kompetisie.
Baie dankie aan Mnr. John Kitching van die Beheerliggaam en sy span wat gesorg het vir goeie organisasie en die dag kon laat afsluit het met ‘n heerlike ete.
Baie dankie aan elke kosmaker, maar veral aan Hennie Schoeman vir die braai van 3 skape, so tussen die reënery deur.
Dankie aan Bivanedambestuur vir die geleentheid om fondse in te samel.
Dankie vir die grootskerm TV waar die Curriebeker eindstryd bekyk kon word.
Vir die Shark-ondersteuners was dit ‘n hoogtepunt waarop ‘n lekker dag afgesluit kon word.
Akademiese Erkenning
Op Maandag 28 Oktober is sertifikate oorhandig aan leerlinge in graad 5 tot 7 wat goeie vordering in vakke getoon het. So kort voor die eksamen wat op 12 November afskop is dit ‘n goeie teken. Baie geluk aan elke leerling wat ‘n sertifikaat ontvang het. Dankie aan ouers wat tyd kon afstaan om die geleentheid by te woon.
Toekenning vanaf Vryheid Atletiekklub – Tydens die afgelope SPAR pretdraf geleentheid, het ons leerlinge in mooi getalle opgedaag vir deelname. Met die grootste persentasie deelname is daar op Maandag 28 Oktober R2000 aan die skool oorhandig.
Dankie aan Vryheid Atletiekklub vir die kontantbedrag, maar ook vir die reël van sulke geleentehede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button