Sport en kuns bereik hoë hoogtes

Baie geluk aan Jan-Frederik van Zyl, wat vir die SA-atletiekbyeenkoms in Paarl (Wes-Kaap) gekwalifiseer het. Hy sal dan op Maart 21 en 22 daar gaan deelneem.

Vier van die vyf seuns van Ichthus Christelike Skool, wat vir die tweede rondte van die Umzinyathi atletiekbyeenkoms gekwalifiseer het, het die afgelope naweek in Durban deelgeneem. Die skool is baie trots op hulle pragtige uitslae!
Jan-Frederik van Zyl (S O/13): spiesgooi – eerste (40,53m); gewigstoot – vierde (9,13m); diskus – tweede (27,76m). Vukile Buthelezi (S O/13): Hoogspring – vyfde (1,39m); spiesgooi – vyfde (28,50m). Andrew Tiley (S O/12): gewigstoot – sesde (8,59m). André Spies (S O/12): spiesgooi – negende (21,00m).
Baie geluk aan Jan-Frederik van Zyl, wat vir die SA-atletiekbyeenkoms in Paarl (Wes-Kaap) gekwalifiseer het. Hy sal dan op Maart 21 en 22 daar gaan deelneem.
Pick ‘n Pay Kunskompetisie
Andrea Oosthuizen het verlede jaar aan ‘n kunskompetisie deelgeneem wat deur Pick ‘n Pay geloods is. Die tema was ‘Vervoer in Suid-Afrika’. Volgens Pick ‘n Pay was die doelwit kommersiële vervoer, en omdat haar tekening baie uniek was en vervoer in die natuur uitbeeld, het hulle besluit om vir haar ‘n spesiale prys te gee. Andrea het ‘n miskruier geteken wat sy misbal in die pad afrol. Andrea se skets is in Pick ‘n Pay se 2014 kalender opgeneem. Ichthus wens Andrea geluk met hierdie pragtige prestasie!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button