Volkies presteer by interskole musiekfees

Hoërskool Hoogenhout het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt vanjaar waar dit hulle beurt was om die interhoër-atletiek, redenaars- en musiekfees aan te bied. Bykans al die skole van die interhoërgroep was verteenwoordig.

Op Dinsdag, 26 Augustus het Hoërskool Volksrust se leerlinge deelgeneem aan die interskole musiekfees by Hoërskool Hoogenhout in Bethal.

Hoërskool Hoogenhout het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt vanjaar waar dit hulle beurt was om die interhoër-atletiek, redenaars- en musiekfees aan te bied. Bykans al die skole van die interhoërgroep was verteenwoordig.

Skole het oorwegend koorwerk aangebied in hulle programme, maar Volkies het nie vanjaar ‘n koor gehad nie, weens die blyspel verlede week.

Volkies het egter solo’s deur Tisha Willemse op die fluit en tjello en KD Steyn op die tjello gebied. Anerieke la Cock het ‘n pragtige Spaanse dans gelewer. Die hoogtepunt van die aand was twee kort grepe uit die blyspel, Once upon a time in New Jersey. SW van Wyk en Conrad Nortjé het How’d you like to be me gesing, terwyl Tisha en Edrei du Toit Spaanse danse gedoen het. Die drie Ettas, Charne Engelbrecht, Stephanie van Deventer en Jessica Pieterse, het hulle danspassies vertoon. Daarna het Carlien Senekal en Conrad ‘n pragtige duet gesing, I always knew it was you, terwyl Carlien ook ballet het.

Hoërskool Volksrust is trots op elke Volkie vir hulle puik optrede. Die skool se diversiteit was duidelik sigbaar en Volkies se leerlinge het weereens bewys dat hulle besonders is, in hulle optrede en hul “optrede”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button