Lucas Meyer Primêre Skool – Amper tyd vir die konsert

Elke onderwyser en leerling is betrokke by LMS se opvoering: 'Vark soek ‘n vrou.' Kostuums is gepas, grimering is getoets en LMS is so te sê reg vir sake om af te skop!

LMS hou konsert en almal sing, dans en speel toneel.

‘n Opgewondenheid is besig om deur elke klas te filtreer en die gees loop hoog. Goed afgerigte massa-deelname is aan die orde van die dag. Elke onderwyser en leerling is betrokke by LMS se opvoering: ‘Vark soek ‘n vrou.’ Kostuums is gepas, grimering is getoets en LMS is so te sê reg vir sake om af te skop!

Sportuitslae: Baie geluk aan die volgende seuns vir trofeë ontvang vir kolf- en boulprestasies: Eckhardt Potgieter: 51 (nun); Arnau Bosch: 56 lopies; Marnus Christie: 72 lopies; Mikal Kruger: 4 paaltjies; Jacques Erwee: 57 lopies; Jayden van Eck: 4 paaltjies en JD Jonker neem ook 4 paaltjies in een wedstryd.

Krieketuitslae: LMS se 1ste span: Speel teen Nardini en teken 250 lopies aan. Baie geluk Francois Theron: 101 (nun); Jacques Erwee: 60 (nun) en Marnus Christie: 50 lopies. Nardini kolf tweede en teken 50 lopies aan. Geluk LMS met ‘n pragtige oorwinning behaal!

LMS speel teen NRS en haal NRS vir 146 lopies uit. LMS kolf tweede en teken 149 vir 3 in 21 beurte aan. LMS tree as wenners uit die stryd! Baie geluk Jacques Erwee: 57 en Danie Nel met 34 lopies aangeteken. LMS speel teen Lüneburg en hul kolf eerste en teken 46 lopies aan. LMS kolf tweede en teken 222 vir 5 in 30 beurte aan. Marnus Christie: 72, Arnau Bosch: 47 en Tiaan Marais: 45, vaar puik met die kolf. Mikal Kruger neem 4 paaltjies vir 4 lopies. LMS wen met 8 paaltjies na 8 beurte!

LMS o/11 span: Speel teen Nardini en teken 135 vir 4 aan. Nardini kolf tweede en teken 15 lopies aan. Jaden Dippenaar teken 45 lopies aan. LMS speel teen NRS. NRS kolf eerste en teken 60 lopies aan. LMS kolf tweede en antwoord met 90 vir 4 in 20 beurte. Jacques van Niewenhuizen teken 21 lopies aan. LMS tree as oorwinnaars uit die stryd! In ‘n naelbytstryd klop LMS Pongola met 3 lopies. Pongola teken 100 vir 8 in 20 beurte aan. LMS kolf tweede en teken 103 vir 5 in 20 beurte aan.

Kalender:

Konsert – 28 September tot 30 September.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button