Vryheid Vetvee Skou en Karkas Kompetisie 2015

OP Woensdag, 16 September, weeg 15 deelnemers 120 skape en 91 beeste in vir die Jaarlikse vetvee skou. Skoudag was Donderdag 18 September en die beoordelaars was Richard Haupt van Wakkerstroom (Skape) en CA Froneman van Dundee (Beeste). Altesaam was daar nege skaap klasse en twaalf bees klasse waarin die vertoners deelgeneem het. Die Kampioen …

OP Woensdag, 16 September, weeg 15 deelnemers 120 skape en 91 beeste in vir die Jaarlikse vetvee skou. Skoudag was Donderdag 18 September en die beoordelaars was Richard Haupt van Wakkerstroom (Skape) en CA Froneman van Dundee (Beeste). Altesaam was daar nege skaap klasse en twaalf bees klasse waarin die vertoners deelgeneem het. Die Kampioen en Reserwe Kampioen lammers is hierdie jaar vertoon deur Pieter en Willie Craig en die Kampioen en Reswerwe Kampioen beeste is vertoon deur SP Olivier. Na afloop van die skou het al die borge en vertoners gesellig verkeer tot laat.

Karkas kompetisie: Hierdie jaar was daar 100 lammers en 81 beeste ingeskryf vir die Nasionale SAMIC karkas kompetisie. Al hierdie diere is gelaai, geslag en ten toongestel deur Meadow Meats Vryheid oor die periode van 18 tot 20 September. Die karkasse was beoordeel deur Selvin Odayan en Chris Ngeleza van SAMIC. Van die belangrikste punte waarna gekyk word tydens hierdie beoordeling is karkas massa, vet bedekking en verspreiding, sowel as bouvorm en algemene voorkoms.

Die Kampioen lam en kampioen groep lammers is vertoon deur Pieter en Willie Craig van Glückstadt. Die Reserwe kampioen lam en groep lammers is vertoon deur Lafras Uys. Die karkas veiling was behartig deur Mark Hohls van BKB. Patrick Friend van Vryheid Meatmasters het die Kampioen en Kampioengroep beeste gekoop vir onderskeidelik R40.00/kg en R38.00/kg sowel as Kampioen lam vir R70.00kg , die Reserwe kampioen lam vir R65.00/kg en die Kampioengroep lammers vir R65.00/kg. Die Reserwe Kampioen Bees karkas is deur Louis van Vryheid SPAR gekoop vir R40.00/ kg en Meadow Meats Vryheid het die Reserwe kampioen groep beeste sowel as die Reserwe groep skape gekoop vir R38.00/kg en R66.00/kg onderskeidelik.

Na afloop van die karkas kompetisie het almal middagete geniet met die komplimente van Meadow Meats.

Graag bedank ons die volgende borge waarsonder hierdie jaar se skou nie moontlik sou wees nie: Meadow Meats Vryheid; TWK; SPAR; Build It; PG Glass; One Energy; Trellidor; Ossies Tyres;Alpha Supa Lube; AT Moolman Makelaars; Sanlam; Molatek veevoere; Bivane Farm Supplies; Voermol; Ritchie Ford; NTT Toyota; MSD dieregesondheid; AfriVet; Virbac; KZN RPO; Brahman Telersgenootskap; Build It en Hellberg Farms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button