Oom Dippie vier 90ste verjaarsdag
Petrus Johannes Dippenaar, beter bekend as Dippie, is deur ons Vader gespaar om verlede naweek sy 90ste verjaarsdag saam met geliefdes en vriende te vier. Dippie is gebore op ‘n plaas op die 12de Mei 1926 in Alice in die destydse Ciskei. Hy was een van vier kinders gebore uit die huwelik van Piet en …
Petrus Johannes Dippenaar, beter bekend as Dippie, is deur ons Vader gespaar om verlede naweek sy 90ste verjaarsdag saam met geliefdes en vriende te vier.
Dippie is gebore op ‘n plaas op die 12de Mei 1926 in Alice in die destydse Ciskei. Hy was een van vier kinders gebore uit die huwelik van Piet en Lenie Dippenaar.
Na sy skoolloopbaan het hy tersiêre onderrig ontvang te Kovsies in Bloemfontein.
Hy is gedurende sy leeftyd geseën met ‘n ongelooflike interessante, gesonde, en vol lewe.
Dippie het in Memel, Warden, Vrede en Durban skoolgehou, waar hy ook die skoolhoof was.
Hy is later hy bevorder na die Onderwys Departement in Natal as Beplanner, waarna hy afgetree het in 1986.
Vandag is hy en sy gade, Woelie, rustig en waarlik afgetree in La Gratitude in Newcastle. Hulle sal op 4 Julie hulle 66ste huweliksherdenking vier; iets waarvoor sy kinders baie
dankbaar is.
Niemand is seker of dit die liefde vir kinders was of die liefde vir boerdery nie, maar uit hulle huwelik is vier kinders, Pieter, Willem, Coenie en Mirí gebore, waarna 13 kleinkinders die lewe
gesien het, en hierna 11 agterkleinkinders.
Dippie is ‘n gerespekteerde mens wat hom aan alles wat hy aangepak het, volkome toegewei het. Hy is waarlik ‘n wyse man van inbors, eerlik, opreg en ‘n ware gentleman.



