Nuwe baadjie vir Amazing Grace kapel
By die Amazing Grace kapel is daar n muur van herinnering met naamplaatjies van oudsoldate vir wie die laaste trompet geskal weerklink het.

Lede van die Vaal Kultuurnetwerk, die Shellhole Moths en @Paint het gedurende Oktober danksy ‘n skenking van @Paint die Amazing Grace kapel in Kliprivier/Meyerton n nuwe blaadjie aangetrek.
Die viering van Wapenstilstanddag word jaarliks deur Roxy du Toit by hierdie besonderse kapel gereël wat sy vir haar dogter laat bou het. Soos die Eerste Wêreldoorlog beeïndig is op 11 November om 11:00, so is dié verfwerk ook afgehandel en is die projek n hartsprojek vir ‘n oorlog waarin baie Suid-Afrikaners gedwing was en hul staal moes wys om te oorleef.


Na die Anglo-Boere oorlog het baie jong sterk Afrikaner seuns die stories gehoor van die veterane van die oorlog, die kameraadskap en lewenslange vriendskapsbande, sowel as die soldy van die Britse regering wat ‘n groot aantrekkingskrag was om by die Unie magte aan te sluit en te gaan veg in die Eerste Wêreldoorlog.
By die Amazing Grace kapel is daar n muur van herinnering met naamplaatjies van oudsoldate vir wie die laaste trompet geskal weerklink het, en dit maak hierdie kapel n merkwaardige en eintlik heilige stukkie aarde. Want ons onthou.

Dankie aan @Paint en Transsmart vir die ruim skenkings van verf en versnaperinge om hierdie dag se herdenking moontlik te kon maak.



