Local newsNews

VLU gesels oor die moderne vrou en teenvoeter wenke vir bo 60

Vroue is die bewaarders van hul kinders se toekoms en die ‘preserveerders van heilsaamheid.’

Vroue van vandag moet hul kinders weer leer hoe om kreatief te wees. Vaardighede gaan verlore as ons dit nie aan kinders oordra nie. Cherise Everson het in haar boodskap by die laaste byeenkoms vir 2024 van die plaaslike Vroue Landbou Unie
(VLU)-tak, ‘n beroep op vroue gedoen om die bewaarders van hul kinders se toekoms te wees en ‘preserveerders van heilsaamheid.’

Met haar tema, Vandag se vrou, het sy gesels oor die Voortrekker vroue van destyds, tot vandag se moderne
vrou.

Sy het gesê dat vroue destyds nie die tegnologie gehad het wat ons vandag het nie, en dat hulle by mekaar geleer het. Sy het ook gesê dat kennis verlore gaan as dit nie aan kinders oorgedra word nie. As voorbeeld het sy genoem dat vroue in hierdie Kerstyd kinders kan leer om eerder geskenke te maak as te koop.

Sy het vroue ook aangemoedig om in vandag se moderne era voluit te leef.

Vroue was die fokus van die oggend se VLU-saamkuier, en Eska de Bruin het op haar beurt oor Die vrou bo 60 en Alzheimers se siekte gesels. Haar raad aan vroue bo 60 is om gesond te eet en seker te maak jy drink jou vitamines.

Eska de Bruin en Cherise Emerson was die gassprekers.

“Luister wanneer mense praat, gaan biblioteek toe en neem weer boeke uit. Speel Suduko, en moenie meegesleur word deur die gejaag van die lewe nie,” was haar raad.

“Wees lief vir jouself – niemand is perfek nie. Dink aan wat jy baie gedoen en geniet het, en probeer dit weer doen. Probeer terug tel van 100 na 1 in sewes en leef voluit,” het sy gesê.

Julie Griesel met die Miami produkte wat sy as geskenk ontvang het vir haar deelname aan ‘n Miami-produk kompetisie. Sy het vir haar deelname ‘n brood gebak waarin daar drie Miami produkte in die bestanddele moes wees.

Die VLU-byeenkomste hervat in Februarie 2025. Die jaarprogram sal in die Gazette geplaas word. Gaste en nuwe lede is welkom. Gesels met Annatjie Dreyer by 082 464 0204, of Bernadet van der Ende by 082 474 0304 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button