Local newsNews

Minder gevalle van moord in VS, maar seksuele aanranding neem toe

Hoewel 'n groot verbetering gesien is in die misdaad wat bekamp kon word weens polisie optrede, is die aantal Suid-Afrikaners wat blootgestel word aan misdaad, steeds onaanvaarbaar hoog, sé die DA

Die Vrystaat provinsie het vir die tydperk Julie tot September vanjaar ‘n 32,7% styging in gevalle van seksuele aanranding gehad, in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar.

Die syfer is deel van die misdaadstatistiek wat vandag deur polisie minister Senzo Mchunu aangekondig is, en skets ‘n kommerwekkende realiteit  teen die agtergrond van die 16 Dae Aktivisme veldtog teen Geweld teen Vroue en kinders wat vandag afgeskop het.

Die DA het vandag in antwoord op die statistiek gesê dat die provinsie en die Suid-Afrikaanse bevolking in die algemeen ‘n krisis  met geslagsgebaseerde misdaad en misdaad teen vroue en kinders in die gesig staar. Die DA vra in sy verklaring dat meer gedoen moet word om slagoffers van geslagsgebaseerde misdaad te beskerm, en stel wetgewing hiervoor voor.

Gevalle van moord het wel met 18,6% in die Vrystaat afgeneem, terwyl gevalle van poging tot moord in dié tydperk gestyg het met 14,9%. Roof by residensiële wonings het met 6% toegeneem.

Hoewel ‘n groot verbetering gesien is in die misdaad wat bekamp kon word weens polisie optrede, is die aantal Suid-Afrikaners wat blootgestel word aan misdaad, steeds onaanvaarbaar hoog, sé die DA en voeg by dat die werk nie voltooi is voordat elke inwoner in die Vrystaat nie veilig kan voel in hul huise en gemeenskappe nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button