Local newsNews

Skool help kinders se leesvaardighede verbeter

Die liefde vir lees is een van die belangrikste en kosbaarste vaardighede wat jy jou kinders kan leer.

Lees word ook beskou as een van die belangrikste vaardighede wat ‘n kind op skool moet bemeester, omdat jy moet leer om te lees sodat jy kan lees om te leer.

Tog is dit juis leesprobleme wat ‘n groot sondebok is wanneer kinders leerprobleme ervaar.

Die behoefte om leesvaardighede by leerders op te skerp, is in 2023 deur die Primêre skool Parys raakgesien, en is besluit om die Eyebraingym leesprogram, spesifiek gemik op skole, te implementeer vir leerders van graad drie tot ses. Vanjaar is die program ook vir graad sewe leerders geïmplementeer.

Elke graad kry gedurende taalperiodes, twee periodes per week waartydens die leerders in hul moedertaal op tablette aan die voorafopgestelde sessies se leesoefeninge kan deelneem. Die oefeninge help om vinniger en met begrip te kan lees, en toets ook leerders se geheue.

Leerders van Primêre skool Parys in die leessentrum waar leesvaardighede opgeskerp word tydens taalperiodes.

Sowat vier jaar gelede is ook begin om die skool se biblioteek op te gradeer en is verskeie skrywers al genooi om met die leerders te kom gesels. Leerders kan Maandae en Woensdae die biblioteek na skool besoek en kan ook boeke uitneem.

Al die boeke in die biblioteek is ouderdom spesifiek.

Die verskil wat die leessentrum vir die leerders maak, en die liefde vir lees wat gekweek word, werp vrugte af, sê die skool se onderwysers wat – alreeds ‘n verskil sien danksy die inisiatief.

Hiervan getuig die erkenning wat op 14 Februarie aan Rutgert van Heerden oorhandig is vir sy uitstaande werk as Eyebraingym fasiliteerder by Primêre skool Parys, en die toekenning wat ook deur Eyebraingym aan die skool gemaak is.

Rutgert van Heerden.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button