Local newsNews

Baie water, en nog kom

‘n Vierde heksluis is vanoggend om 10:00 by Vaaldam oopgemaak met ‘n vyfde heksluis wat ook later vanmiddag om 16:00 oopgemaak word. Dit volg nadat ‘n derde heksluis reeds gistermiddag oopgemaak is. Wanneer ‘n heksluis oopgemaak word by Vaaldam neem dit ongeveer 12 uur voordat die effek daarvan by Parys gesien word. Vaaldam was vanoggend …

‘n Vierde heksluis is vanoggend om 10:00 by Vaaldam oopgemaak met ‘n vyfde heksluis wat ook later vanmiddag om 16:00 oopgemaak word. Dit volg nadat ‘n derde heksluis reeds gistermiddag oopgemaak is.

Wanneer ‘n heksluis oopgemaak word by Vaaldam neem dit ongeveer 12 uur voordat die effek daarvan by Parys gesien word.

Vaaldam was vanoggend 111,64% vol met invloei toe gemeet teen 1332,51 kubieke meter per sekonde. Daar is 60,4mm reën in die Vaaldam se opvangsgebied gemeet.

Uitvloei by Bloemhofdam wat gister reeds 106,71% vol was, is vanoggend om 09:00  verhoog na 1 050 kubieke meter per sekonde, en sal verder verhoog word as volg:

11:00 – uitvloei verhoog na 1 300 kubieke meter per sekonde

13:00 – uitvloei verhoog na 1 550 kubieke meter per sekonde

15:00 – uitvloei verhoog na 1 800 kubieke meter per sekonde.

Uitvloei by Barrage is tans 1 254 kubieke meter per sekonde.

Spruite en riviere loop baie sterk en is verskeie paaie en laagwaterbrue onder water.

Die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel moes reeds vanoggend vir alle verkeer gesluit word. Vloei by dié brug is vanoggend om 06:50 gemeet teen 1 504 kubieke meter per sekonde en het die Vaalrivier se watervlak hier 2,9m gemeet.

Teen 10:00 het die water nog verder hier gestyg na 3,25m en is vloei gemeet teen 1 794 kubieke meter per sekonde by die brug.

Die foto is vanoggend by die Schoemansdriftbrug in die Vredefort Koepel geneem. Foto: Sue Jansen van Rensburg.Die brug moes ook op 6 April vir verkeer gesluit word toe die watervlak op 2,67m gemeet is, en is eers op 10 April weer oopgestel.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button