Local newsNews

Waarskuwing: Talle paaie , brûe onder water

Motoriste gewaarsku om spoed te verminder en te hou by volgafstande. Slaan ag op waarskuwings waar van alternatiewe roetes gebruik gemaak moet word.

Verskeie roetes het tans water oor die pad en is motoriste ernstig gewaarsku om spoed te verminder, volgafstande te hou en waar nodig alternatiewe roetes te volg. Hou ook in gedagte dat slaggate baie moeilik sigbaar is in reënweer soos wat tans gesien word.

Probleme op die volgende roetes is gerapporteer:

  • R30 by die Viljoenskroon-afdraai onder water.
  • R59 tussen Bothaville en Viljoenskroon – pad heeltemal onder water by Viljoenskroon Industria ( by die voerkrale. Pad na lisensiekantore in Viljoenskroon ook heeltemal verspoel). Pad gaan gesluit word water was vanoggend al hier meer as ‘n meter diep.
  • R59 net na die silo’s by Viljoenskroon – baie water oor die pad – onbegaanbaar vir voertuie
  • Kliprivier tussen Heilbron en Frankfort – geweldige groot invloei hier na die Vaaldam.
  • R59 tussen die N1-oorbrug en Parys – groot en diep slaggate. Uiters gevaarlik ry stadig.
  • R59 tussen Parys en Vredefort – groot en gevaarlike slaggate. Verminder spoed.
  • Houtkop/Kliprivier-kruising – baie water en diep slaggate.
  • Kromelmboogspruit waar die R59 oor hom gaan – water loop baie sterk.
  • R721 Vredefort/Kroonstad-pad onder water
  • N12 tussen Stilfontein en Potchefstroom – water oor die pad.
  • R723 tussen Schonkenville en die N1 – water op die pad
  • N1 baie nat – VERMINDER SPOED EN HOU BY VOLGAFSTANDE
  • R500 (Parys/Fochvillepad) water oor die pad
  • Schoemansdrift-ompad na Vredefort vanaf Parys – laagwaterbrug by Jumanji oorspoel met ‘n spruit wat oorloop. Voertuie kon vanoggend deur maar baie water kom en sal die brug waarskynlik weer vandag soos gisteraand onder water wees.
  • Schoemansdrift-laagwaterbrug in die Vredefort Koepel onder water – gesluit vir verkeer.
  • R57 tussen Heilbron en Sasolburg
  • Pad tussen Heilbron en Phiritona onder water
  • Wees versigtig vir water op die pad tussen Heilbron en Petrus Steyn.
  • R76 baie water oor die pad – volg alternatiewe roetes.
  • Vaal Eden-pad by die draai by Almur Smit verspoel.
  • R720 tussen Koppies en Edenville verspoel. Voertuie sit vas.
  • Viljoenskroon/Vierfontein-pad – voertuig vanoggend uit die water moes haal.
R59 tussen Bothaville en Viljoenskroon by Viljoenskroon Industria onder water.

Die laagwaterbrug naby Jumanji op die Schoemansdrift-pad in die Vredefort Koepel onder water nadat water van ‘n spruit oor die pad geloop het.

Die laagwaterbrug na Gholfeiland in Parys. Die foto is vanoggend geneem voordat n vierde en vyfde sluis by Vaaldam oopgemaak sou word. Foto’s: Verskaf
Pad tussen Viljoenskroon en Bothaville van Viljoenskroon se kant af.
Kliprivier tussen Heilbron en Frankfort – geweldige groot invloei hier na die Vaaldam.
Die foto is vanoggend by die Schoemansdriftbrug in die Vredefort Koepel geneem.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button