Local newsNews

Hier’s groot water op pad

Die watervlak van die Vaalrivier by Parys sal na verwagting nog aansienlik styg oor die volgende 24 uur namate die effek van die vyfde en sesde heksluise wat by Vaaldam oopgemaak is, gesien gaan word.

Na herevaluering het die situasie by Vaaldam sedert vanoggend verander en is die belsuit geneem om vanmiddag 16:00 ‘n sesde heksluis by dié dam oop te maak. Dit volg nadat daar vanoggend reeds ‘n vierde sluis oopgemaak is, en toe om 14:30, vroeër as wat aanvanklik beplan is, ook ‘n vyfde sluis.

Watervlakke van die Vaalrivier het drasties gestyg sedert gisteraand met swaar reën en verhoogde invloei in die Vaalrivierstelsel met talle strome en riviere wat in vloed is.

Uitvloei by Bloemhofdam word ook drasties verder verhoog om 17:00 na 2 000 kubieke meter per sekonde.

In Parys is die Vaalrivier se water reeds oor die laagwaterbrug na Gholfeiland en is ook die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel reeds vanoggend gesluit vir verkeer. Vloei by die Schoemansdrift-brug is vanmiddag voor 14:00 al gemeet teen 1 879 kubieke meter per sekonde.

Weens die verhoogde uitvloei by Vaaldam en  nog water wat van strome invloei sal water nou vry vloei by Barrage is om 16:47 gesê. Vryvloei beteken dat al Barrage se sluise oopgemaak word sodat wat invloei kan uitvloei.

Foto bo en onder: Die laagwaterbrug na Gholfeiland in Parys is reeds gesluit met water wat oor die brug stroom. Gisteraand kon jy nog oor die brug ry.

En terwyl die Vaal se water styg, het hengelaars nog hoopvol sit en wag.

Wanneer heksluise by die Vaaldam oopgemaak word, neem dit ‘n paar uur voordat die effek daarvan in Parys gesien word, en kan Parysenaars verwag dat die water van die Vaalrivier nog aansienlik gaan styg oor die volgende ure.

Die effek hiervan kan reeds by eiendom in laagliggende dele binne die volgende ses ure moontlik gesien word veral eiendom wat in die verlede al in vloedtoestande geraak is.

Die foto is vanmiddag om 16:00 by Parys se geskiedkundige hangbrug geneem maar gaan die prentjie aansienlik verander oor die volgende paar uur.
So het dit vanmiddag teen 15:00 alreeds by die Umfula vakansieoord buite Parys gelyk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button